095/2026

BELANGRIKE BESOEK DEUR AMPTENARE VAN TAIWAN – EN UITNODIGING NA FILMVERTONING

Uitgereik op: 21 July 2026
Uitvoerende Hoof

0

BELANGRIKE BESOEK DEUR AMPTENARE VAN TAIWAN – EN UITNODIGING NA FILMVERTONING

095/2026

21 Julie 2026

Geagte Oraniërs,

BELANGRIKE BESOEK DEUR AMPTENARE VAN TAIWAN – EN UITNODIGING NA FILMVERTONING

Opsomming : Orania ontvang op 29 en 30 Julie ’n belangrike besoek deur amptelike amptenare uit Taiwan, wat op “diplomatieke” sowel as op praktiese en ekonomiese vlak vir ons voordelig is. Die hele Orania-gemeenskap word uitgenooi om ’n gratis filmvertoning deur die Taiwannese by te woon om 17:30 op 29 Julie in die Gemeenskapsaal.

Na onlangse gesprekke tussen amptelike regeringsamptenare van Taiwan in Suid-Afrika en verskillende Orania-instellings (soos die OVR, die Orania Beweging en die Dorpsraad), is ons opgewonde oor ’n hoëvlakbesoek aan Orania wat volgende week gaan plaasvind. Tydens die besoek – waartydens die Orania Beweging as ervare amptelike gasheer sal optree – wil Lily Chen en Jasmine Tsai (onderskeidelik direkteur-generaal en konsul van Taiwan se amptelike skakelkantoor in Suid-Afrika), graag ’n film genaamd A Chip Odyssey aan ons gemeenskap vertoon. Ons behoort baie aanklank daarby te vind, want dit toon aan hoe ’n betreklik klein samelewing soos Taiwan, deur volgehoue belegging in kennis en tegnologie, ’n onmisbare rol in die wêreldekonomie kon vestig wat hul sterk politieke posisie in die wêreld, ten spyte van groot teenkanting uit China, help verseker.

Dis algemeen bekend dat die magtige Volksrepubliek China in konflik staan met die veel kleiner eiland Taiwan. China beweer dat Taiwan deel van sy grondgebied is en dus onder die gesag van die Chinese regering behoort te wees, terwyl Taiwan volhou dat dit ’n land in eie reg is wat homself regeer en verantwoordelikheid vir sy eie toekoms neem. Hieruit is dit duidelik dat daar sekere raakpunte tussen Taiwan en Orania bestaan, want ons het ’n soortgelyke dryf vir groter selfstandigheid. Net soos Taiwan, wat byvoorbeeld nog nie amptelik deur die Suid-Afrikaanse regering erken word nie en daarom nie ’n ambassade hier het nie, maar wel ’n skakelkantoor, neem ons ook gereeld verdere stappe om “diplomatieke” erkenning te verkry wat ons geleidelik nader aan ons doelwit bring. Een van die voordele van hierdie besoek is dat juis dít bereik word. Orania voer graag sinvolle gesprekke met enige relevante instellings/organisasies (soms selfs met diegene wat vyandig staan teenoor ons), en ons doen met graagte dieselfde met die vriendelike verteenwoordigers van Taiwan.

Aangesien Taiwan vanaf die 1960’s al sy eie ekonomie begin ontwikkel het en natuurlik ’n veel groter bevolking as Orania het, het hulle reeds heelwat verder as ons gevorder om hul selfstandigheid te verskans en ” de facto” -onafhanklikheid te vestig, al word dit nog nie wyd “de jure” erken nie. Ons kan dus waardevolle lesse by hulle leer oor hoe om tegnologie en ons ekonomie te gebruik om groter vlakke van selfstandigheid te bereik. Die film wat vertoon gaan word, is ’n goeie voorbeeld hiervan, omdat dit toon hoe Taiwan, deur arbeid en innovasie, nie net sy eie selfstandigheid opgebou het nie, maar homself ook onmisbaar vir die wêreldekonomie gemaak het. Ons glo daarom dat alle Oraniërs inspirasie daaruit kan put en die lesse op ons eie situasie kan toepas. Dit is op hierdie vlak dat die besoek ’n sterk praktiese en ekonomiese voordeel vir Orania inhou.

Besonderhede van die filmvertoning:
* Datum: 29 Julie 2026
* Tyd: 17:30 vir 18:00
* Plek: Gemeenskapsaal
* Koste: Gratis
* Ander: Direkteur-generaal Chen sal ons voor die vertoning kortliks toespreek.

Ons hoop om baie Oraniërs by hierdie geleentheid te sien!

Enige vrae hieroor kan gerig word aan die Orania Beweging (inligting@orania.co.za) of aan die Dorpsraad (inligting@myorania.co.za).

Vriendelike groete,

Gawie Snyman
Dorpsraad: Uitvoerende Hoof

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-on
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

096/2026
(Uitgereik op: 22 July, 2026)
Inligting en Skakeling
095/2026
(Uitgereik op: 21 July, 2026)
Uitvoerende Hoof
094/2026
(Uitgereik op: 14 July, 2026)
Ingenieursdiente
093/2026
(Uitgereik op: 10 July, 2026)
Uitvoerende Hoof

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm
8
Aug
Saturday 8 August, 2026
- 8 August, 2026
3:00 pm
12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am
28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…