096/2026

AMPTELIKE ORANIA GEBOORTESERTIFIKAAT

Uitgereik op: 22 July 2026
Inligting en Skakeling

0

AMPTELIKE ORANIA GEBOORTESERTIFIKAAT

096/2026

22 Julie 2026

Geagte Oraniërs,

AMPTELIKE ORANIA GEBOORTESERTIFIKAAT

Opsomming : ‘n Amptelike Orania Geboortesertifikaat sal voortaan beskikbaar wees – ‘n groot stap vorentoe om administratiewe sowel as simboliese redes.

Dit is vir die Kantoor van Verblyfreg aangenaam om die Orania Geboortesertifikaat bekend te stel.

Die geboortesertifikaat is ‘n besondere simbool en kosbare dokument wat met verloop van tyd vir ons pasgeborenes (en ander wat kwalifiseer) van toenemende waarde sal wees. Behalwe daarvoor dat dit nóg ‘n praktiese manifestering van ons vryheidsideaal is, weerspieël dit ook die kantoor se strewe om sy dienste verder uit te bou en ‘n meer volledige rekord van Orania se bevolkingsgroei saam te stel. Ingevolge die Verblyfregbeleid moet die kantoor die basiese besonderhede van alle inwoners, insluitend minderjariges, byhou, en die geboortesertifikaat sal ook help om nuwe geboortes korrek onder hul ouers se rekords aan te teken.

Die Orania Geboortesertifikaat is egter nie ‘n plaasvervanger vir die wetlike registrasie van kinders by die Departement van Binnelandse Sake nie, so ouers moet steeds aan daardie vereiste voldoen.

Geboortesertifikate word gratis uitgereik indien die ouers ten tyde van die kind se geboorte oor Verblyfreg beskik het. Vir hierdie doel is 1 Januarie 2026 as aanvangsdatum vasgestel. Ouers van kinders wat sedert hierdie datum gebore is, word dus aangemoedig om gratis vir ‘n Orania Geboortesertifikaat aansoek te doen.

Die kantoor het egter ook reeds navrae ontvang oor kinders wat vóór 1 Januarie 2026 gebore is. Dit is verstaanbaar, aangesien ‘n eie Orania Geboortesertifikaat uniek en besonders is.

Die volgende persone wat voor 2026 gebore is, kwalifiseer vir ‘n Orania Geboortesertifikaat (teen Φ50 per sertifikaat):
* Kinders jonger as 18 jaar wie se ouers ten tyde van hul geboorte in Orania gewoon het en/of oor Verblyfreg beskik het.
* Volwassenes wat in Orania gebore is, of wie se ouers ten tyde van hul geboorte in Orania gewoon het en/of oor Verblyfreg beskik het.

Dit is ook gepas om weer daarop te wys dat minderjariges ingevolge die Verblyfregbeleid de facto oor Verblyfreg beskik indien hulle reeds minstens drie jaar in Orania woon. Hierdie Verblyfreg word op hul 18de verjaardag geformaliseer nadat hulle die Verblyfreg-oriëntering bygewoon het. Die formalisering van Verblyfreg op ‘n persoon se 18de verjaardag is gratis.

Belangstellendes is welkom om die Kantoor van Verblyfreg vir verdere inligting of navrae te kontak.

Vriendelike groete,

Jan van Zyl
Hoof : Verblyfreg

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

096/2026
(Uitgereik op: 22 July, 2026)
Inligting en Skakeling
095/2026
(Uitgereik op: 21 July, 2026)
Uitvoerende Hoof
094/2026
(Uitgereik op: 14 July, 2026)
Ingenieursdiente
093/2026
(Uitgereik op: 10 July, 2026)
Uitvoerende Hoof

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm
8
Aug
Saturday 8 August, 2026
- 8 August, 2026
3:00 pm
12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am
28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…