137/2026
9 Oktober 2026
Geagte Oraniƫrs,
OU OMPAAIE LANGS SERVITUUTPAD MOET NIE MEER GEBRUIK WORD NIE
Opsomming: Padgebruikers word dringend versoek om nie meer die ou ompaaie langs die servituutpad te gebruik nie, aangesien dit ‘n veiligheidsrisiko inhou en skade aan die teerpad veroorsaak.
Tydens die konstruksie van die servituutpad is die sypaadjies langs die pad tydelik as ompaaie gebruik. Hoewel die servituutpad intussen voltooi is en weer normaal gebruik kan word, vind ons dat sommige padgebruikers steeds van hierdie ou ompaaie gebruik maak.
Hierdie praktyk hou ‘n ernstige veiligheidsrisiko in, veral vir voetgangers en voertuie wat by die teerpad aansluit of daarvandaan afdraai.
Verder veroorsaak die verkeer op die ou ompaaie dat klippe op die teerpad beland, wat die pad se deklaag beskadig.
Ons doen daarom ‘n dringende beroep op alle padgebruikers om slegs die voltooide servituutpad te gebruik en nie meer op die sypaadjies te ry nie. Baie dankie vir almal se samewerking om ons paaie veilig en in ‘n goeie toestand te hou.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof: Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…