139/2026
15 Oktober 2026
Geagte Oraniƫrs,
OPENBARE GESPREKSGELEENTHEID MET OAB-DIREKSIE OP 19 OKTOBER 2026 (WYK: OEWER EN HOEWES)
Opsomming: Daar sal eerskomende Maandag, 19 Oktober, om 17:15 (tot ongeveer 19:00) ān openbare gespreksgeleentheid met die OAB-direksie by die Bloustoor in Diamantlaan plaasvind. Alle inwoners is welkom, maar inwoners van die Oewer- en Hoewesgebied word in die besonder uitgenooi.
Die Orania Dorpsraad skep gereeld geleenthede vir die onderskeie wyke van die dorp om persoonlik met die direksie van die Orania Aandeleblok (OAB) te skakel, en die volgende sulke geleentheid vind eerskomende Maandag, 19 Oktober 2026, plaas.
DiƩ gesprekke bied aan die direksie die geleentheid om die gemeenskap se behoeftes aan te hoor en beter te verstaan.
Dit is ook ān geleentheid vir inwoners om vrae te stel, bekommernisse te opper en voorstelle direk met die direksie te bespreek.
Die gesprek sal deur Lida Strydom gelei word, terwyl Pieter Krige die opening sal behartig.
Alhoewel alle Oraniƫrs welkom is, nooi die direksie hierdie keer in die besonder inwoners van die Oewer- en Hoewesgebied uit om die geleentheid tussen 17:15 en ongeveer 19:00 by die Bloustoor in Diamantlaan by te woon.
Ons sien uit na ān sinvolle en openhartige gesprek met ons mede-OraniĆ«rs.
Vriendelike groete,
Gawie Snyman
Dorpsraad: Uitvoerende Hoof
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…