138/2026
12 Oktober 2026
Geagte Oraniƫrs,
BEPLANDE KRAGONDERBREKING DONDERDAG IN GROOT GEDEELTES VAN ORANIA
Opsomming: ‘n Beplande kragonderbreking sal op Donderdag 15 Oktober 2026, vanaf 08:00 tot 12:00, in Orania-Wes, asook in groot gedeeltes van die Nywerheidsgebied en in die rigting van die Dorpskantoor, plaasvind.
Die Dorpsraad se afdeling Ingenieursdienste sal op Donderdag 15 Oktober noodsaaklike herstelwerk aan die elektrisiteitsnetwerk doen, waartydens ‘n beskadigde kragpaal vervang sal word.
Die kragtoevoer sal gevolglik vanaf 08:00 tot 12:00 na die volgende gebiede onderbreek word:
* Die hele Orania-Wes, uitgesluit Saamstaansentrum, Kantien en Stokkiesdraai.
* Watersuiwering.
* Duiker en Werksgebou.
* Wilco.
* Nywerheidskorwe.
* Aandeleblokke aangrensend aan Ysterklipstraat, naamlik N8 tot N10, N13 tot N25, N50 tot N53, N74 tot N76 en N78 tot N81.
Inwoners en ondernemings in die betrokke gebiede word versoek om vooraf die nodige voorsorg te tref en hul aktiwiteite dienooreenkomstig te beplan.
Ons vra om verskoning vir die ongerief wat die onderbreking mag veroorsaak en bedank almal vir hul begrip en geduld terwyl hierdie noodsaaklike instandhoudingswerk uitgevoer word.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof: Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…