Vraag/Opmerking: Afrikaners moet versigtig wees om nie in die strik van akademisering te val nie, waar alles oorontleed, oorintellektualiseer en in eindelose verhandelings omskep word. In vandag se samelewing voel dit soms asof almal ān PhD moet hĆŖ om iets te kan doen of sĆŖ. Dit is nie ān aanval op akademiese opleiding of intellektuele denke nie, maar ān pleidooi dat ons getrou bly aan ons kultuur. Ons is deels gedwing om akademies te word om in ān veranderende wĆŖreld aan te pas, maar ons moet nie vergeet waar ons vandaan kom nie. Die onlangse OOM-opname is juis ān voorbeeld van hoe Afrikaners dinge aanpak: vra die mense wat hulle nodig het en vind praktiese oplossings. Ons hoef nie oor elke eenvoudige probleem lang akademiese opstelle te skryf nie. Ons weet dikwels reeds wat gedoen moet word ā kom ons doen dit. Ons kultuur is nie gebou op eindelose praatjies nie, maar op inisiatief, verantwoordelikheid en daadkrag.
Nota - Volgens nuwe protokol word opmerking/vrae soms deur admin geredigeer om gepas te wees vir hierdie webwerf en om slegs die essensie daarvan weer te gee.
Dankie vir jou sinvolle kommentaar.
Ons glo dat Orania darem grotendeels gekenmerk word deur dinge wat gedoen word, eerder as deur praatjies wat gepraat word, maar jou opmerking is ān welkome herinnering aan die prioriteite wat ons volk nog altyd sulke suksesvolle bouers (in meer as een sin van die woord) gemaak het.
Ons hoop dat baie goeie, praktiese idees uit die opname waarna jy verwys na vore sal kom en glo dat ons dit dan sal kan gebruik om omstandighede vir entrepreneurs gunstiger te maak.
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…