118/2024

33STE ALGEMENE JAARVERGADERING.

Uitgereik op: 23 August 2024
Maatskappysekretaris

0

33STE ALGEMENE JAARVERGADERING.

Geagte Aandeelhouer

33STE ALGEMENE JAARVERGADERING

Orania Aandeleblok (RF) (Eiendoms) Beperk (OAB) se direksie het reeds aan aandeelhouers kennis gegee dat ʼn algemene jaarvergadering DV op Vrydag, 13 September 2024 gehou sal word. Met hierdie skrywe, ontvang u die volledige inligting wat u sal benodig ter voorbereiding vir die vergadering.

Indien u nie die vergadering kan bywoon nie, mag u die aangehegte volmagvorm gebruik om iemand aan te stel (wie nie ʼn aandeelhouer hoef te wees nie), om u tydens die vergadering te verteenwoordig. In die geval waar ʼn regspersoon as aandeelhouer verteenwoordig word, moet volmag aan ʼn natuurlike persoon gegee word. Alle volmagvorms moet voor of op Woensdag, 11 September 2024 om 15:30 by die Orania Poskantoor in die aangewese bus geplaas of per e-pos gestuur word aan oraniastem@gmail.com.

Let egter daarop dat geen persoon, wat kragtens die bepalings van paragraaf 19.10 van OAB se akte van oprigting as gevolmagtigde optree, namens meer as vyf aandeelhouers mag optree nie. Indien meer as vyf volmagte wat sodanige persoon as gevolmagtigde aanwys, ontvang word, sal die maatskappy¬sekretaris geregtig wees om na goeddunke te besluit welke vyf volmagte geldig is.

Ingevolge die toepaslike bepalings van OAB se akte van oprigting, tree direkteure uit wat die langste aaneenlopende tyd op die direksie gedien het. Mev CA Strydom, wat as direkteur deur nie-aandeelhouers aangestel is en mnre JGH Roux (snr) en JF van der Merwe (wat reeds as direkteur bedank het), wat as direkteure deur aandeelhouers aangestel is, tree as gevolg van OAB se rotasiebeleid vir direkteure tydens die algemene jaarvergadering uit. Mev CA Strydom het haarself herkiesbaar gestel.

Nominasies is gevolglik vir die vulling van die vakature van mev Strydom aangevra en nie-aandeelhouers het by wyse van verkiesing mnr LRH Everson as direkteur aangestel.

Nominasies vir die vulling vir mnre Roux en Van der Merwe se vakature is aangevra en geldige nominasies is vir slegs mev Strydom en mnr CH Basson ontvang, wat as direkteure deur aandeelhouers aangestel kan word.

Een derde van die Dissiplinêre- Bemiddeling- en Arbitrasiepaneel (paneel) moet jaarliks uittree, maar kan hulself weer herkiesbaar stel. Lede van die paneel word tydens die algemene jaarvergadering van aandeelhouers verkies of herkies. Nominasies vir die vulling vir die volgende vakatures is aangevra:

Mev JW Conradie het haarself herkiesbaar gestel. Mnr SA Roets (snr) het homself herkiesbaar gestel. Mev CN Basson het haarself herkiesbaar gestel. Mev S Muller het haarself herkiesbaar gestel.

Daar bestaan dus vyf vakatures (een vanweë ʼn bedanking, waarvan die vakature vir die tydperk tot 2025 se algemene jaarvergadering van aandeelhouers gevul moet word). Geldige nominasies vir slegs die volgende persone is ontvang:

Mev JW Conradie Mnr SA Roets Mev CN Basson Mev M Kleynhans Mev S Muller

U kan op die onderstaande skakels klik om die volgende dokumente te besigtig / af te laai.

Die onafhanklike komitee wat belas is met die fasilitering van die verkiesingsproses, bestaan uit lede van Orania se Rekenmeestersforum.

Laastens word u hartlik uitgenooi, om direk na afloop van die algemene jaarvergadering van aandeelhouers, ʼn komplimentêre ligte ete saam met die direksie te geniet.

Dit gaan aangenaam wees om u by die vergadering te verwelkom.

Oraniagroete,

Jacques van Wyk

Maatskappysekretaris

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

118/2024
(Uitgereik op: 23 August, 2024)
Maatskappysekretaris
119/2024
(Uitgereik op: 26 August, 2024)
Outomatisering en Digitalisering
121/2024
(Uitgereik op: 29 August, 2024)
Uitvoerende Hoof
122/2024
(Uitgereik op: 30 August, 2024)
Uitvoerende Hoof

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

8
Oct
Tuesday 8 October, 2024
Algemeen
9
Oct
Wednesday 9 October, 2024
Algemeen
10
Oct
Thursday 10 October, 2024
Algemeen
10
Oct
Thursday 10 October, 2024
Inligting en Skakeling
Orania Vakansiedae
11
Oct
Friday 11 October, 2024

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…