068/2025
4 April 2025
Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
VERHOGING IN KSIKO-EENHEDE TERUGKOOPTARIEF
Opsomming : KSIKO-eenhede se terugkooptarief sal voortaan Φ2.13 per eenheid wees (‘n 11% verhoging).
Soos in kennisgewing 065/2025 gekommunikeer is, het Orania se elektrisiteitstariewe vanaf 1 April met 9% verhoog (terwyl ESKOM se tariewe met 12.74% opgegaan het). In hierdie kennisgewing wil ons KSIKO-eienaars inlig van die verhoging in krediettarief wat hulle gaan kry vir die krag wat hulle opwek en in Orania se netwerk terugvoer.
Die OAB direksie het die situasie oorweeg en die nuwe terugkooptarief vir elektrisiteitseenhede vanaf 1 April 2025 sal Φ2.13 per eenheid wees, wat ‘n verhoging van ongeveer 11% beteken. Hierdie terugkooptarief is sovêr ons weet by verre die beste in die hele Suid Afrika.
Bogenoemde tarief sluit 15% BTW in. Wanneer BTW op 1 Mei 2025 met 0.5% verhoog, sal bogenoemde prys dienooreenkomstig aangepas word.
Inwoners is welkom om die Dorpsraad te kontak as hulle die proses wil bespreek om as KSIKO’s te registreer, sodat hulle ook hul oortollige krag wat met sonstelsels opgewek word aan die dorp kan terugverkoop.
Oraniagroete,
Janneman Roux
Hoof: Korporatiewe Dienste
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…