098/2025
20 Mei 2025
Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
AANSOEKE VIR GRONDGEBRUIK SLUIT 20 JUNIE 2025
Opsomming : Enige grondgebruikaansoeke wat grensverskuiwings, konsolidasies of onderverdelings behels, moet asseblief die dorpskantoor bereik voor of op 20 Junie 2025, om betyds te wees om in September deur die OAB se algemene jaarvergadering oorweeg te word.
Neem asseblief kennis dat die Orania Grondgebruiktribunaal (voorheen GGBK) se geskeduleerde vergadering van 25 Junie 2025 die laaste geleentheid bied om aansoeke vir grondgebruik in te dien wat in September goedgekeur kan word.
Grondgebruikaansoeke wat grensverskuiwings, konsolidasies en onderverdelings van aandeelblokke behels, gaan deur ʼn proses waar dit eers by die Tribunaal oorweeg word en dan na OAB-direksie verwys word vir goedkeuring, waarna dit aan ‘n 21-dae-openbare deelnameproses onderhewig is voordat dit na die Orania Aandeleblok (RF) (Edms) Bpk (OAB) se jaarvergadering (hierdie jaar op 12 September) verwys word vir finale goedkeuring.
Ons versoek dus dat grondgebruikaansoeke die dorpskantoor nie later as 20 Junie 2025 bereik nie.
Vriendelike groete,
Cobus Pretorius
Hoof: Beplanning en Grondgebruik
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…