188/2025
8 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
AANSTELLING VAN ‘n DIREKTEUR VIR NIE-AANDEELHOUERS OP OAB DIREKSIE
OPSOMMING : Inwoners van Orania wat nie aandeelhouers in OAB is nie, sal oor die volgende paar weke geleentheid kry om weer ‘n direkteur aan te wys om op die OAB direksie te dien.
ORANIA AANDELEBLOK (RF) (EIENDOMS) BEPERK (OAB) se aandeelhouers het tydens ’n algemene jaarvergadering, wat op 18 Oktober 2014 gehou is, besluit dat inwoners van die aandeleblokskema, wat nie aandeelhouers in die skema is nie, en oor permanente verblyfreg in Orania beskik, ʼn direkteur kan aanstel.
Op grond van hierdie besluit is mnr LRHV Everson gedurende 2024 as direkteur vir nie-aandeelhouers aangestel, en verstryk sy termyn tydens die algemene jaarvergadering van 2027. Mnr Everson het intussen as direkteur bedank en moet die vakature vir die oorblywende gedeelte van sy termyn gevul word.
Inwoners met verblyfreg wat nie oor aandeelhouding in OAB se aandeleblokskema beskik nie, kan registreer om aan die verkiesing van ʼn direkteur vir nie-aandeelhouers deel te neem.
Werkgewers en verhuurders word versoek om werknemers en huurders aan te moedig om aan die verkiesing vir ʼn direkteur vir nie-aandeelhouers, deel te neem.
Vereistes vir die aanstelling van ’n direkteur vir nie-aandeelhouers
’n Direkteur wat deur nie-aandeelhouers genomineer word, moet aan die volgende vereistes voldoen:
• die kandidaat moet ʼn aandeelhouer van OAB wees; en
• die kandidaat mag nie deur die toepaslike bepalings van die Maatskappywet, 71 van 2008 en/of OAB se akte van oprigting, gediskwalifiseer wees om as ’n direkteur aangestel te word nie.
Vereistes vir nie-aandeelhouers om aan die verkiesing van ʼn direkteur vir nie-aandeelhouers deel te neem
Nie-aandeelhouers wat vir die verkiesingsproses wil registreer:
• moet vir ʼn minimum tydperk van drie jaar aaneenlopend op OAB se aandeleblokskema grondgebied woon;
• moet oor verblyfreg in Orania beskik;
• moet 18 jaar of ouer wees;
• mag nie ʼn aandeelhouer van OAB wees nie; en
• moet vooraf registreer om ’n direkteurskandidaat te kan nomineer, of te kan stem.
Registrasievorms vir nie-aandeelhouers, asook nominasievorms vir die verkiesing van ’n direkteurskandidaat, sal by die Dorpskantoor beskikbaar wees, of kan by die volgende skakels afgelaai word:
https://myorania.co.za/nominering-van-direkteurskandidaat.docx
https://myorania.co.za/registrasie-nie-aandeelhouers-vulling-van-vakature.docx
Registrasie- en nominasievorms moet nie later nie as Vrydag, 17 Oktober 2025 om 15:30 by die Orania Poskantoor ingedien word, of per e-pos gestuur word aan oraniastem@gmail.com.
Die stembus vir die verkiesing van ʼn direkteurskandidaat vir nie-aandeelhouers, sal vanaf Maandag 27 Oktober 2025 tot Vrydag, 31 Oktober 2025 by Orania se Poskantoor beskikbaar wees. ’n Kennisgewing in dié verband, sal aan geregistreerde nie-aandeelhouers versend word.
Orania groete,
Jacques van Wyk
Maatskappysekretaris
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…