133/2025
17 Julie 2025
Geagte Oraniërs,
BRANDGEVAAR EN DEELNAME AAN BRANDBEHEER
Opsomming : Orania Veiligheidsdienste (OVD) herinner inwoners aan die gevare gedurende die huidige brandseisoen en doen ’n beroep op vrywilligers om betrokke te raak by brandbestrydingsaktiwiteite.
Orania bevind hom tans in die seisoen waarin brande die waarskynlikste voorkom en inwoners word daaraan herinner om versigtig en waaksaam te wees. Ons doen ’n beroep op Oraniërs om asseblief bedag te wees op droë materiaal op erwe, aangesien dit ’n ernstige brandgevaar kan inhou. Wees ook versigtig met die gebruik van braaivleisvure, verwarmers en kaggels in huise.
Die Orania Weerbaarheidsvereniging doen ’n beroep op enige persone met formele brandweer agtergrond wat bereid is om toepaslike opleiding aan ander te gee, om met Theuns Wessels by OVD in verbinding te tree. Vrywilligers is welkom om by OVD die nodige vorms in te vul om by die Orania Weerbaarheidsvereniging aan te sluit en deel te word van die span vrywilligers wat die hele gemeenskap beveilig.
Vriendelike groete,
Theuns Wessels
OVD en Weerbaarheidsvereniging
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…