076/2026

DIE ORANIA SAKEKAMER NOOI INWONERS OM VRYDAG DEEL TE WEES VAN ‘N “REGRUK” VIR DIE HELE DORP

Uitgereik op: 15 June 2026
Inligting en Skakeling

0

DIE ORANIA SAKEKAMER NOOI INWONERS OM VRYDAG DEEL TE WEES VAN ‘N “REGRUK” VIR DIE HELE DORP

076/2026

15 Junie 2026

Geagte Oraniërs,

NOTA : Let asseblief daarop dat hierdie ‘n aksie van die Orania Sakekamer is, maar dat dit hier op die Dorpsraad se kanale gedeel word sodat soveel as moontlik inwoners daarvan bewus is. Die Dorpsraad se eie jaarlikse “Lente Regruk” sal steeds, soos altyd, in September gebeur.

DIE ORANIA SAKEKAMER NOOI INWONERS OM VRYDAG DEEL TE WEES VAN ‘N “REGRUK” VIR DIE HELE DORP

Opsomming : Die Orania Sakekamer nooi alle inwoners om eerskomende Vrydag-oggend (19 Junie 2026), tussen 9 en 11 uur, saam deel te neem aan ‘n “regruk”, sodat ons dorp die heel beste moontlik kan vertoon vir die groot getal besoekers wat volgende week hier gaan wees vir die Winterspele.

Die Orania Sakekamer laat weet as volg: “Ons rig hiermee ’n formele uitnodiging aan die Orania-gemeenskap om deel te neem aan ’n spesiale ‘Regruk’. Na verwagting sal ongeveer 3000 besoekers Orania tydens die Winterspele besoek (25 tot 27 Junie 2026), wat ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die dorp is. Ten einde ons gaste ‘n onvergeetlike ervaring te bied, word ’n gemeenskaplike skoonmaakaksie gereël.

Datum en tyd: Vrydag, 19 Junie, van 09:00 tot 11:00
Bymekaarkompunt: Die Duiker
Doel: Deelnemers sal deur die dorp beweeg om rommel op te tel en die openbare areas selfs skoner as normaalweg te maak.

Verdere besonderhede rakende bymekaarkomplekke en groeperings sal later hierdie week aan die gemeenskap gekommunikeer word. Sakelui word sterk aangemoedig om die onmiddellike omgewing van hul besighede deeglik skoon te maak en voor te berei.

Besighede of inwoners wat verdere inligting verlang word vriendelik versoek om so spoedig moontlik met die Orania Sakekamer in verbinding te tree – https://oraniasakekamer.co.za/kontak-ons/.

Hierdie inisiatief word deur die Orania Sakekamer bestuur en geniet die ondersteuning van die Dorpsraad. Die Orania Sakekamer vertrou dat lede van die gemeenskap die ekonomiese belang van die geleentheid besef en entoesiasties daaraan sal deelneem, wat terselfdertyd ook ‘n lekker gemeenskap-gevoel onder inwoners kan versterk.

Ons hoop om baie van u daar te sien!

Orania Sakekamer”

As Dorpsraad is ons natuurlik ook besig met heelwat ander verfraaiings- en instandhoudingswerk ter voorbereiding vir die grootste aantal besoekers wat ons dorp nog ooit vir ‘n spesifieke geleentheid ontvang het.

Vriendelike groete,

Burger Lambrechts
Hoof : Kommunikasie

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

096/2026
(Uitgereik op: 22 July, 2026)
Inligting en Skakeling
095/2026
(Uitgereik op: 21 July, 2026)
Uitvoerende Hoof
094/2026
(Uitgereik op: 14 July, 2026)
Ingenieursdiente
093/2026
(Uitgereik op: 10 July, 2026)
Uitvoerende Hoof

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm
8
Aug
Saturday 8 August, 2026
- 8 August, 2026
3:00 pm
12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am
28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…