ESKOM-KRAGONDERBREKING MÔRE, MAAR ORASOL BEHOORT WEL KRAG TE VOORSIEN
Uitgereik op: 13 October 2025
Ingenieursdiente
0
ESKOM-KRAGONDERBREKING MÔRE, MAAR ORASOL BEHOORT WEL KRAG TE VOORSIEN
191/2025
13 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
ESKOM-KRAGONDERBREKING MÔRE, MAAR ORASOL BEHOORT WEL KRAG TE VOORSIEN
Opsomming : Eskom beplan om op Dinsdag 14 Oktober 2025 tussen 06:00 en 17:00 geen elektrisiteit aan Orania te verskaf nie, maar Orasol behoort wel aan al ons elektrisiteitsbehoeftes te kan voldoen gedurende daardie tydperk.
Let asb. daarop dat Eskom ons ingelig het dat hulle môre onderhoudswerk aan die substasie in Orania gaan doen, wat beteken dat daar tussen 06:00 en 17:00 geen krag aan die dorp verskaf sal word nie.
Die kombinasie van Orasol se sonplaas en battery beteken egter dat Orania verskans is teen hierdie tipe onderbrekings en alle vooruitsigte is dat Oraniërs deurgaans krag sal hê en nie eens sal weet wanneer Eskom se verskaffing aan of af is nie.
Indien die krag wel sou afgaan, moet inwoners, ter wille van veiligheid, asseblief altyd alle elektriese drade of toerusting as potensieel lewendig en dus gevaarlik beskou, aangesien die krag enige tyd onverwags weer kan aankom.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof – Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/