117/2025

INLIGTING OOR ORANIA KARNAVAL 2025

Uitgereik op: 19 June 2025
Gemeenskapsdienste

0

INLIGTING OOR ORANIA KARNAVAL 2025

117/2025

19 Junie 2025

Geagte Oraniërs,

Opsomming : Toegang tot die Karnaval op Vrydag 10 Oktober is gratis, maar kaartjies vir die Neon Nagdraf op 9 Oktober en vir toegang tot die terrein op 11 Oktober, is van nou af reeds te koop.

Ons is opgewonde om aan te kondig dat kaartjieverkope vir Orania Karnaval 2025 vanaf vandag beskikbaar is! Kaartjies kan by die Orania Poskantoor of aanlyn gekoop word (gebruik die skakel hieronder daarvoor) :
https://oraniakarnaval.co.za/kaartjiekantoor/

Die Plaasbraai en die Kaalvoetkonsert is hierdie jaar alreeds afgehandel, so die res van die Karnaval se pret begin met die Neon Nagdraf op Donderdag 9 Oktober, gevolg deur twee propvol dae van vermaak op Vrydag 10 Oktober (wat ook ‘n publieke vakansiedag in Orania is, naamlik Heldedag) en Saterdag 11 Oktober.

Uitstekende nuus is dat toegang op die Vrydag weer gratis is! Dit gaan ‘n opwindende dag wees met vele aktiwiteite, wat bv ‘n optrede deur Ruhan Du Toit (met onder andere sy treffer “Monumentaal”) insluit.

Hoewel Vrydag heerlik gaan wees, is daar op die Saterdag ekstra items op die program wat die toegangsfooie meer as sal regverdig. Behalwe vir goed soos Boeresport en ‘n sterkman vertoning, is daar ook onder andere ‘n asemrowende motorfietsvertoning, met waaghalsige toertjies wat jou verstom sal laat (sien foto hieronder).

Die volledige voorlopige program kan by die skakel hieronder besigtig word:
https://oraniakarnaval.co.za/program/

Toegangsfooie vir Karnaval 2025 is presies dieselfde as verlede jaar, soos gesien kan word in die opsomming hieronder.

Ons sien daarna uit om saam met u te kuier tydens die tweede naweek van Oktober. Hou intussen ons sosiale media en die Karnaval-webwerf dop vir die jongste nuus!

Vriendelike groete,

Arno Lambrechts
Karnavalmeester

U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

023/2026
(Uitgereik op: 6 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
022/2026
(Uitgereik op: 5 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
021/2026
(Uitgereik op: 23 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
020/2026
(Uitgereik op: 20 February, 2026)
Outomatisering en Digitalisering

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…