138/2025
28 Julie 2025
Geagte Oraniërs,
KRAGONDERBREKING VIR OEWERLAAN EN OEWERAREA OP 30 JULIE 2025
Opsomming : Daar sal op Woensdag, 30 Julie 2025, tussen 07:30 en 16:00 ‘n kragonderbreking wees wat Oewerlaan en gedeeltes van die Oewerarea sal affekteer.
Die afdeling Ingenieursdienste beplan ‘n kragonderbreking vir die Oewerarea en Oewerlaan. Areas wat geraak word is:
• aandeelblokke H1, H2, H36, H59-H64 en H66-H76,
• alle aandeelblokke aangrensend tot Oewerlaan,
• alle aandeelblokke in die Boord ontwikkeling (Rooipad), en
• alle aandeelblokke aangrensend tot Diamantlaan, Oos van die Muurbalbaan.
Die kragonderbreking word geskeduleer vir Woensdag 30 Julie vanaf 07:30 tot 16:00 en word genoodsaak om ’n ou kragpaal wat baie onstabiel en onveilig is te vervang.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…