MOONTLIKHEID VAN KRAGONDERBREKINGS VANAAND TUSSEN 18:00 EN 19:00
Uitgereik op: 15 April 2025
Uitvoerende Hoof
0
MOONTLIKHEID VAN KRAGONDERBREKINGS VANAAND TUSSEN 18:00 EN 19:00
079/2025
15 April 2025
Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
MOONTLIKHEID VAN KRAGONDERBREKINGS VANAAND TUSSEN 18:00 EN 19:00
Opsomming: Daar gaan vanaand tussen 18:00 en 19:00 weer toetse op Orasol se beheerstelsel gedoen word, so daar is weer ‘n moontlikheid dat onbeplande kragonderbrekings kan voorkom.
Die toetse wat vanmiddag tussen 14:00 en 15:00 op Orasol se pasgemaakte beheerstelsel gedoen was, was suksesvol en boonop het geen onverwagse kragonderbrekings voorgekom nie. Dit blyk egter dat verdere toetse ook vanaand nodig is wanneer die sonplaas nie enige krag produseer nie, so inwoners moet asseblief kennis neem dat daar ‘n moontlikheid vir onbeplande kragonderbrekings bestaan tussen ongeveer 18:00 en 19:00.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Inligting en Skakeling
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/