103/2025
27 Mei 2025
‘N LANG ESKOM KRAGONDERBREKING OP 31 MEI BEHOORT OORBRUG TE WORD DEUR ORASOL
Opsomming : Eskom sal op 31 Mei (eerskomende Saterdag) geen elektrisiteit aan Orania verskaf tussen 08:00 en 16:00 nie, maar die Sonplaas en battery behoort te verseker dat daar nie ‘n kragonderbreking in Orania Dorpsgebied sal wees nie.
Eskom het ons verwittig dat daar, as gevolg van nood elektriese onderhoudswerk, ’n agt uur lange kragonderbreking in Orania sal wees op 31 Mei. Orasol behoort in dié tydperk aan al die dorpsgebied se elektrisiteitsbehoeftes te kan voldoen, maar indien dit wel sou gebeur dat die krag afgaan, moet inwoners altyd, ter wille van veiligheid, enige kragpunte of toestelle as lewendig beskou
Dit mag moontlik gebeur dat aardlek-stroombrekers oopmaak tydens die oorskakeling van Eskom na Orasol, so indien inwoners se krag enige tyd Saterdag onderbreek word, moet hulle asseblief hul brekers nagaan en weer toemaak indien nodig.
Vriendelike groete,
Gawie Snyman
Uitvoerende Hoof
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…