171/2025

OPGRADERING VAN HEKKE BY HOOFKRUISING

Uitgereik op: 2 September 2025
Orania Veiligheidsdienste

0

OPGRADERING VAN HEKKE BY HOOFKRUISING

171/2025

2 September 2025

Geagte Oraniërs,

OPGRADERING VAN HEKKE BY HOOFKRUISING

Opsomming : Beide hekke by die hoofkruising met die R369 word tans gemotoriseer, en die gebruik van die hekke na-ure sal voortaan verander.

Werk is begin om die skuifhekke na beide Orania-Oos en Orania-Wes (by die hoofkruising met die R369) te motoriseer.

Let asb op die volgende belangrike punte hieromtrent:
• Die hekke kan slegs oop- en toegemaak word vanuit die 24-uur beheerkamer, waar hulle ook per kamera gemonitor word.
• Op weeksaande sal die hekke gesluit wees tussen 23:00 en 05:00, en op naweke tussen 00:00 en 05:00.
• Wanneer iemand gedurende hierdie tye deur die hekke wil beweeg, moet hulle van die interkom gebruik maak om met die beheerkamer in verbinding te tree, of die beheerkamer direk bel (die nommer sal op borde aangebring word).
• Afleweraars, koeriers en besoekers sal nie na-ure toegang kry as hulle nie bewyse van vooraf reëlings kan lewer nie, of as hulle nie deur ’n inwoner begelei word nie.
• Van die groot voordele van hierdie opgradering is dat (1) kwesbare persone glad nie meer uit hulle voertuie hoef te klim in die aand nie, (2) die hekke nooit sal oopstaan as gevolg van nalatige bestuurders wat dit nie agter hulle toemaak nie en (3) die hekke onmiddelik toe- of oopgemaak kan word soos benodig tydens noodgevalle.

Vriendelike groete,

Ettiene de Lange
Hoof : Orania Veiligheidsdienste (OVD)

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

049/2026
(Uitgereik op: 21 April, 2026)
Uitvoerende Hoof
048/2026
(Uitgereik op: 21 April, 2026)
Gemeenskapsdienste
046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…