171/2025

OPGRADERING VAN HEKKE BY HOOFKRUISING

Uitgereik op: 2 September 2025
Orania Veiligheidsdienste

0

OPGRADERING VAN HEKKE BY HOOFKRUISING

171/2025

2 September 2025

Geagte Oraniƫrs,

OPGRADERING VAN HEKKE BY HOOFKRUISING

Opsomming : Beide hekke by die hoofkruising met die R369 word tans gemotoriseer, en die gebruik van die hekke na-ure sal voortaan verander.

Werk is begin om die skuifhekke na beide Orania-Oos en Orania-Wes (by die hoofkruising met die R369) te motoriseer.

Let asb op die volgende belangrike punte hieromtrent:
• Die hekke kan slegs oop- en toegemaak word vanuit die 24-uur beheerkamer, waar hulle ook per kamera gemonitor word.
• Op weeksaande sal die hekke gesluit wees tussen 23:00 en 05:00, en op naweke tussen 00:00 en 05:00.
• Wanneer iemand gedurende hierdie tye deur die hekke wil beweeg, moet hulle van die interkom gebruik maak om met die beheerkamer in verbinding te tree, of die beheerkamer direk bel (die nommer sal op borde aangebring word).
• Afleweraars, koeriers en besoekers sal nie na-ure toegang kry as hulle nie bewyse van vooraf reĆ«lings kan lewer nie, of as hulle nie deur ’n inwoner begelei word nie.
• Van die groot voordele van hierdie opgradering is dat (1) kwesbare persone glad nie meer uit hulle voertuie hoef te klim in die aand nie, (2) die hekke nooit sal oopstaan as gevolg van nalatige bestuurders wat dit nie agter hulle toemaak nie en (3) die hekke onmiddelik toe- of oopgemaak kan word soos benodig tydens noodgevalle.

Vriendelike groete,

Ettiene de Lange
Hoof : Orania Veiligheidsdienste (OVD)

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

137/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Ingenieursdiente
136/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Ingenieursdiente
135/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Beplanning en Grondgebruik

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

10
Oct
18
Nov
Wednesday 18 November, 2026
- 18 November, 2026
9:00 am
11
Dec
Friday 11 December, 2026
- 11 December, 2026
12:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls