090/2026
8 Julie 2026
Geagte Aandeelhouers,
ORANIA AANDELEBLOK (RF) (EIENDOMS) BEPERK (OAB) SE 35ste ALGEMENE JAARVERGADERING (AJV) VAN AANDEELHOUERS SAL, DV, OP VRYDAG, 18 SEPTEMBER 2026 IN ORANIA SE GEMEENSKAPSAAL GEHOU WORD
Opsomming : Hierdie skrywe sit die besonderhede van die opkomende OAB-AJV uiteen. Aandeelhouers word dus versoek om hulle asseblief van die inhoud hiervan te vergewis.
OAB se 35ste AJV vind hierdie jaar, DV op Vrydag, 18 September 2026 plaas.
Die AJV is die vergadering waartydens verskeie statutêre aangeleenthede kragtens die Maatskappywet, 71 van 2008, oorweging geniet. Dit sluit onder andere aangeleenthede, soos kennisname van die geouditeerde finansiële state, verkiesing van direkteure, en die aanwysing van OAB se eksterne ouditeure in. Besonderhede van die vergadering is soos volg:
Datum: Vrydag, 18 September 2026
Tyd: 16:00
Plek: Orania Gemeenskapsaal
Mnr JH Maritz sal in sy hoedanigheid as direkteur van OAB tydens die AJV, ooreenkomstig die rotasiebeleid uittree. Mnr Maritz het homself herkiesbaar gestel.
Mnr ET Ferreira, wat gedurende 2025 as direkteur bedank het, se termyn verstryk ook tydens die AJV, en sy vakature moet gevul word.
Daar bestaan dus twee vakature op die direksie wat gevul moet word.
Nominasievorms vir die verkiesing van direkteure is by die Dorpskantoor beskikbaar, of u kan op die onderstaande skakel klik om ’n elektroniese weergawe af te laai. Nominasies moet nie later nie, as Vrydag, 24 Julie 2026 om 15:30 by die Orania Poskantoor ingedien word, of elektronies gestuur word na oraniastem@gmail.com.
Lede van die dissiplinêre, bemiddelings- en arbitrasiepaneel word ook tydens die AJV verkies. Nominasievorms vir die verkiesing van paneellede is by die Dorpskantoor beskikbaar of u kan op die onderstaande skakel klik om ’n elektroniese weergawe af te laai. Vorms moet nie later nie as Vrydag, 24 Julie 2026 om 15:30 by die Orania Poskantoor ingedien word, of elektronies gestuur word na oraniastem@gmail.com. Tans is daar vier vakatures op die nominasievorm waarvoor gestem moet word.
Indien enige aandeelhouers graag aangeleenthede op die AJV se sakelys wil plaas, kan dit te eniger tyd deur die loop van die jaar ingedien word. Let egter daarop dat slegs beleidsaangeleenthede tydens die AJV oorweging sal geniet en nie aangeleenthede wat met bedryfsaspekte verband hou nie.
Aandeelhouers wat graag ʼn aangeleentheid op die sakelys vir die AJV van 2026 wil plaas, moet ʼn skriftelike motivering daarvoor voor of op Vrydag, 31 Julie 2026 om 16:00 by die Dorpskantoor inhandig, of kan dit per e-pos aan myself by jacques@myorania.co.za stuur.
Klik die volgende skakel om die elektroniese nominasievorms af te laai. https://myorania.co.za/dokumente/
Oraniagroete,
Jacques van Wyk
Maatskappysekretaris
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…