152/2025
12 Augustus 2025
Geagte Oraniërs,
ORANIA ATLETIEKKLUB WEER GASHEER VIR HALFMARATON
Opsomming : Op 18 Oktober 2025 word ’n halfmaraton vanaf VKN aangebied, waartydens skeidsregters van Atletiek Suid-Afrika (ASA) betrokke moet wees.
Orania Atletiekklub, ’n geregistreerde klub van Griekwaland-Wes Atletiek (GWA) en Atletiek Suid-Afrika (ASA), het ten doel om Orania-atlete die geleentheid te bied om as Oraniërs, in Afrikaans en onder die Orania-vaandel, aan veld-, pad- en baanwedlope deel te neem. Sonder ’n eie klub sou Oraniërs by die “Hopetown Running Club” of die “Kimberley Harriers” moes aansluit om te kan deelneem.
As deel van die vereistes om as klub geregistreer te bly, moet daar jaarliks minstens een amptelike wedloop aangebied word wat deur beamptes van ASA oorsien moet word. Orania Atletiekklub het in 2023 en 2024 aan hierdie vereiste voldoen deur suksesvol die “Klein Reus Halfmaraton” aan te bied en wil graag dieselfde doen op 18 Oktober 2025, sodat ons atlete kan aanhou om in Suid-Afrika in Orania-kleure deel te neem. Aangesien die drie toesighoudende-beamptes wat gestuur gaan word waarskynlik nie Afrikaners sal wees nie, het die klub die aangeleentheid voor ’n arbeidspaneel gebring vir goedkeuring.
Die Arbeidspaneel (wat deur die OVR daargestel is en uit lede van die Orania-gemeenskap bestaan) het die aansoek deeglik oorweeg en dit met ‘n meerderheid stemme goedgekeur vir 2025. Daar is egter doelbewus geen staande reël geskep nie, sodat soortgelyke geleenthede in die toekoms steeds individueel oorweeg moet word.
Die geleentheid op 18 Oktober vind plaas op VKN. Die roete is meestal op plaaspaaie en gaan glad nie deur die OAB-dorpsgebied nie. Wegspring is om 06:30 en alles behoort teen 11:00 afgehandel te wees.
Indien daar enige verdere navrae oor die Klein Reus Halfmaraton is, kan dit gerig word aan Christo Muller by 083 628 0272 of Abraham van Zyl by 082 524 9013.
Vriendelike Groete,
Burger Lambrechts
Hoof : Inligting en Skakeling
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…