Opsomming : Oraniërs is welkom om bydraes te maak of betrokke te raak by die viering van ons kultuurvakansiedae in 2025 deur die betrokke instansies daaroor te kontak.
Die verantwoordelikheid vir die verrigtinge op Orania se kultuurvakansiedae en gedenkdae is weereens opgedeel tussen verskillende instellings op die dorp. Inwoners word uitgenooi om bydraes te maak of betrokke te raak by hierdie geleenthede deur die relevante instellings te kontak. Die opdeling is as volg:
27 Februarie – Majuba – BKO
6 April – Stigtingsdag – Orania Beweging
8 Mei – Herdenking van Afrikaans 100 jaar– FAK
31 Mei – Bittereinderdag – Dorpsraad
14 Augustus – Taaldag – OKeR
10 Oktober – Heldedag – OOM (maar eintlik is vele instansies betrokke by hierdie dag – 200 jaar vanaf Paul Kruger se geboorte)
11 November – Witkruisdag – Orania Bewaringstigting
16 Desember – Geloftedag – Geloftefeeskomitee
U is, soos altyd, welkom om enige vrae oor hierdie of enige ander onderwerp aan die dorpsraad te rig deur die skakel hieronder te gebruik.