Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
ORANIA VEILIGHEIDSDIENSTE (OVD) SE LANDLYNE IS WEER IN WERKING
Opsomming : Die landlyn nommers van OVD is weer in werking, tesame met die nood-selfoon nommer.
Soos in kennisgewing 167/2024 op 1 November 2024 verduidelik is, was die landlyne in die OVD gebou tydelik buite werking, as gevolg van opgraderings aan die netwerk infrastruktuur. Die nood-selfoon nommer was deurgaan steeds beskikbaar.
Ons is bly om u nou te verwittig daarvan dat die verbeteringe afgehandel is en dat die landlyn nommers vir OVD ontvangs (053 207 0069) en vir die Beheerkamer (053 207 0089) weer in werking is. Natuurlik is die selfoon nommer vir noodgevalle ook steeds beskikbaar (060 501 7877).
Indien u na meer agtergrond-inligting oor OVD wil kyk, kan dit gedoen word deur op die volgende skakel te kliek. $ https://myorania.co.za/orania-veiligheidsdienste/$
U is, soos altyd oor enige onderwerp, welkom om die dorpsraad te kontak deur die volgende skakel.
Vriendelike groete,
Ettiene de Lange
Hoof: OVD
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…