189/2025
8 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
REËLINGS RONDOM KRUGER-MONUMENT ONTHULLING
OPSOMMING : Vind asb. hiermee belangrike reëlings rondom die Kruger-monument-onthulling, wat môre, Vrydag 10 Oktober 2025, plaasvind.
Al is die Kruger-monument ’n privaat projek, gebruik ons hiermee die Dorpsraad se kommunikasiekanale om inligting daaroor te versprei, want ’n baie groot getal inwoners gaan betrokke wees en ons wil probeer help dat alles so glad as moontlik verloop.
Pres. Paul Kruger se geboortedag was 10 Oktober 1825, wat hierdie onthulling, op presies die 200ste herdenking daarvan, selfs meer beduidend maak. Sy lewe was gekenmerk deur ’n strewe na vryheid vir die Boerevolk, so hierdie monument is ’n uitstekende simbool van Orania se strewe na dieselfde doelwit vir dieselfde volk!
Let asb op die volgende belangrike reëlings:
* Die verrigtinge vind plaas op die oop terrein agter die nuwe werksgebou en die Duiker.
* Die program loop van 12:00 tot 14:00 en sluit onder andere dinge in soos die opening deur ds. Ruan Combrink, die amptelike oorhandiging van die monument aan die gemeenskap van Orania (deur dr. Langner – hoof van die FAK), ’n optrede van die lied “Monumentaal” deur Ruhan du Toit, ’n optrede van die “Roepstem van Orania” deur ’n gemeenskapskoor en dan natuurlik ook die onthulling van die monument self (sien ook die aangehegte volledige program).
* Daar sal groot hoeveelhede stoele beskikbaar wees op die terrein, so dit word nie voorsien dat dit nodig is vir mense om hul eie stoele saam te bring nie.
* Dit word wel aanbeveel dat mense die beskerming van hul velle in ag neem, want al is die grootste gedeelte van die program binne die groot tent, sal daar ook ’n bietjie tyd in die direkte sonlig spandeer word.
* Daar is heelwat parkering beskikbaar, so mense kan maar net die aanwysings dophou wat vir die doel aangebring sal word (sien ook die aangehegte terreinkaart).
* Na afloop van die verrigtinge, om 14:00, sal die vlotoptog vertrek na die sportgronde toe en sal die Karnaval volspoed begin (toegang tot die Karnaval is gratis op Vrydag). Almal wat graag wil, word genooi om gratis saam met die vlotoptog af te stap, al is hulle nie deel van enige amptelike ingeskrewe groep nie.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Dorpsraad : Kommunikasiebestuurder
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…