064/2025
2 April 2025
Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
RËENWATER EN DIE RIOOLNETWERK
Opsomming : Reënwater moet asseblief sover moontlik nie in die rioolnetwerk beland nie.
Orania en die omliggende omgewing het die afgelope tyd goeie reën ervaar, waarvoor ons baie dankbaar is, maar dit sit wel addisionele druk op ons rioolnetwerk.
Die Dorpsraad is al lank bewus daarvan dat reënwater in die rioolnetwerk beland, maar ons kon onlangs eers die ekstra invloei van reënwater kwantifiseer nadat ‘n nuwe ultrasoniese vloeimeter by die oksidasiedamme geïnstalleer is. Daar is bevind dat dit ‘n beduidende invloed het en dat die ekstra water in die rioolnetwerk onnodige groot druk op die bestaande infrastruktuur plaas, met rioolpompe wat sukkel om by te hou en die oksidasiedamme wat die verhoogde vloei moeilik akkommodeer.
Om die situasie te verbeter het die Dorpsraad reeds begin om stukkende mangate, wat reënwater inlaat, te herstel, maar ons vra graag dat inwoners ons bystaan deur die volgende te doen:
1. Stel ons asseblief in kennis indien u bewus is van rioolmangate wat stormwater inlaat.
2. Let op u interne rioolnetwerk en verhoed dat stormwater moontlik by rioolpunte langs wonings of deur stukkende pype invloei.
Kontak ons gerus indien u onseker is oor iets of indien daar ’n behoefte is dat ons die potensiële reënwaterinvloei by u woning ondersoek.
Dankie vir u samewerking.
Vriendelike Groete,
Andre van Heerden
Hoof: Ingenieursdienste
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…