Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
SMARAGSTRAAT IS GESLUIT TUSSEN PÊRELLAAN EN DIAMANTLAAN VIR ONVOORSIENE HERSTELWERK
Opsomming : Smaragstraat tussen Pêrellaan en Diamantlaan is gesluit vir verkeer om onvoorsiene herstelwerk te verrig.
As gevolg van die hitte het die padoppervlak in Smaragstraat tussen Pêrellaan en Diamantlaan begin oplig, wat veroorsaak het dat daardie gedeelte gesluit is, sodat Ingenieursdienste die nodige herstelwerk kan verrig. Slegs inwoners van daardie blok sal kan inry om toegang tot hul huise te kry.
Ongelukkig is dit een van die besiger strate in Orania wat hierdeur geraak word, maar daar is verskeie alternatiewe roetes aan weerskante verby, so dit behoort nie die algehele verkeersvloei in die dorp beduidend te ontwrig nie.
U is, soos altyd, welkom om in kontak met die dorpsraad te tree oor enige onderwerp, deur van die volgende skakel gebruik te maak:
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…