090/2025
5 Mei 2025
SOETDORINGSTRAAT NABY VEILIGHEIDSGEBOU GAAN MÔRE GESLUIT WEES
Opsomming: Soetdoringstraat, by die kruising met Vaalbosstraat, sal môre gesluit wees, maar ’n maklike alternatiewe roete — agter die Gemsbok Sportinstituut verby — sal beskikbaar wees.
Uitgrawings sal in Soetdoringstraat plaasvind om water-, krag- en veselkoppelings onderdeur die pad te installeer. Die pad sal dus gesluit wees naby die Veiligheidsgebou in die rigting van Meester-se-Draai (by die kruising met Vaalbosstraat).
Padtekens sal aangebring word om motoriste te help om die alternatiewe roete maklik te vind.
Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat hiermee gepaard gaan en vertrou op inwoners se vriendelike samewerking.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…