113/2025
10 Junie 2025
Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
SPOEDGRENSE OP ORANIA SE PAAIE
Opsomming : Na oorweging van die uitslae van ‘n onlangse meningspeiling, is sekere besluite oor spoedgrense op OAB se paaie geneem. Die basiese reël is dat grondpaaie se spoedgrens 25 km/h is en teer/betonpaaie se spoedgrens 40 km/h (sien egter die enkele uitsonderings hieronder).
Wanneer Orania Veiligheidsdienste (OVD) verkeersreëls in Orania toepas, word dit soms bemoeilik deur die feit dat die huidige spoedgrense volgens sommige inwoners nie ordentlik gedefinieer is nie en daar dus effense verwarring daaroor bestaan. Die OAB direksie het daarom die onlangse meningspeiling laat uitvoer en die uitslae daarvan is in ag geneem met die neem van die volgende besluite:
* Alle gewone grondpaaie se spoedgrens sal 25 km/h wees (74.5% inwoners stem saam).
* Hoofroete grondpaaie (Oewerlaan/Rooipad en Servituutpad) se spoedgrens sal egter 40 km/h wees (70.4% stem saam).
* Alle teer/betonpaaie se spoedgrens sal 40 km/h wees (78.3% stem saam).
* Die teerpad vanaf die Kleingeluk-sirkel tot by Kleingeluk se spoedgrens sal egter 25 km/h wees (dit is ter wille van die veiligheid van die groot hoeveelheid voetgangers in daardie gebied (veral kinders), maar dit kan verhoog word na 40 km/h wanneer die sypaadjies voltooi is).
Die afdeling Ingenieursdienste sal binnekort nog padtekens oprig wat hierdie spoedgrense weerspieël.
Vriendelike groete,
Ettiene De Lange
Hoof : OVD
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…