113/2025

SPOEDGRENSE OP ORANIA SE PAAIE

Uitgereik op: 10 June 2025
Orania Veiligheidsdienste

0

SPOEDGRENSE OP ORANIA SE PAAIE

113/2025

10 Junie 2025

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

SPOEDGRENSE OP ORANIA SE PAAIE

Opsomming : Na oorweging van die uitslae van ‘n onlangse meningspeiling, is sekere besluite oor spoedgrense op OAB se paaie geneem. Die basiese reël is dat grondpaaie se spoedgrens 25 km/h is en teer/betonpaaie se spoedgrens 40 km/h (sien egter die enkele uitsonderings hieronder).

Wanneer Orania Veiligheidsdienste (OVD) verkeersreëls in Orania toepas, word dit soms bemoeilik deur die feit dat die huidige spoedgrense volgens sommige inwoners nie ordentlik gedefinieer is nie en daar dus effense verwarring daaroor bestaan. Die OAB direksie het daarom die onlangse meningspeiling laat uitvoer en die uitslae daarvan is in ag geneem met die neem van die volgende besluite:

* Alle gewone grondpaaie se spoedgrens sal 25 km/h wees (74.5% inwoners stem saam).
* Hoofroete grondpaaie (Oewerlaan/Rooipad en Servituutpad) se spoedgrens sal egter 40 km/h wees (70.4% stem saam).
* Alle teer/betonpaaie se spoedgrens sal 40 km/h wees (78.3% stem saam).
* Die teerpad vanaf die Kleingeluk-sirkel tot by Kleingeluk se spoedgrens sal egter 25 km/h wees (dit is ter wille van die veiligheid van die groot hoeveelheid voetgangers in daardie gebied (veral kinders), maar dit kan verhoog word na 40 km/h wanneer die sypaadjies voltooi is).

Die afdeling Ingenieursdienste sal binnekort nog padtekens oprig wat hierdie spoedgrense weerspieël.

Vriendelike groete,

Ettiene De Lange
Hoof : OVD

U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$

Maps Calender Kategorie Select Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

027/2026
(Uitgereik op: 13 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
026/2026
(Uitgereik op: 11 March, 2026)
Inligting en Skakeling
025/2026
(Uitgereik op: 11 March, 2026)
Ingenieursdiente
024/2026
(Uitgereik op: 9 March, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

17
Mar
Tuesday 17 March, 2026
- 17 March, 2026
5:30 pm
27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…