Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
VAKANTE POS: GEMEENSKAPSDIENSTE SENIOR TEGNIESE BEAMPTE
Opsomming : ‘n Pos as Senior Tegniese Beampte is beskikbaar by Gemeenskapsdienste en aansoeke daarvoor sluit op 8 November 2024.
Oor die pos: Die Gemeenskapsdienste: Senior Tegniese Beampte sal in diens wees van die Orania Dorpsraad, ‘n dinamiese instelling wat groei en strewe om op die voorpunt van dienslewering te wees. Die Senior Tegniese Beampte sal deel wees van ‘n span wat onder andere verantwoordelikheid neem vir die volgende:
* Fabrikasie van metaal- en houtwerk
* Instandhouding van gereedskap en toerusting Instandhouding van geboue en toerusting
* Instandhouding van parke en tuine
* Voorbereiding van grafte en bystand by begrafnisse
* Ondersteuning tydens die Orania Karnaval
* Ondersteuning met huurtoerusting
* Ondersteuning tydens geleenthede wat deur die Orania Dorpsraad gereël word
* Ondersteuning tydens gemeenskapsgeleenthede
*Kleiner bouwerk
* Hulpverlening met nooddienste onder toesig
Vereistes vir ‘n suksesvolle aansoeker: Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos moet oor die volgende beskik:
* ‘n Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en ‘n verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen
* Vermoë om onder druk te funksioneer en doeldatums te haal
* Geldige bestuurslisensie
* Bewese tegniese vaardighede
* Goeie menseverhoudings
* Kennis van bou, grondverskuiwing, natwerk, besproeiing en algemene instandhouding van toerusting
* Vermoë om goed in ‘n span te werk
* Moet reeds in Orania woon of besig wees met die verblyfregproses
Aansoekproses: Aansoeke moet voor of op Vrydag, 8 November 2024 om 16:30 by die Dorpskantoor in Orania ingedien word of per e-pos gestuur word aan: otto@myorania.co.za. Slegs aansoeke in Afrikaans sal oorweeg word.
Diensaanvaarding: So gou moontlik.
Vriendelike groete,
Otto du Plessis
Gemeenskapsdienste : Operasionele Bestuurder
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…