’n Wateronderbreking word beplan vir Kleingeluk en Gannabos op Dinsdag 25 Maart 2025 vanaf 09:00 tot 14:00. Die onderbreking is nodig om die nuwe toevoerpyplyne na Kleingeluk te koppel.
Hierdie verbetering in die waternetwerk is een van verskeie stappe, in ‘n projek wat oor enkele jare strek, om die waterdruk in Kleingeluk te verbeter.