Waarskynlik een van die belangrikste gebeurtenisse in ons geskiedenis, wat die Boerevolk begin definieër het in ‘n vroeë weergawe van wat dit vandag is, was die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838. Ons voorvaders het ‘n gelofte afgelê en die Almagtige God het ‘n wonderbaarlike oorwinning verseker.
Hierdie kunswerk herdenk daardie tydperk in die Voortrekkers se lewens, deurdat ‘n gedeelte van die wa-laer op die een aansig uitgebeeld word (tesame met die klein kanonnetjie genaamd Grietjie wat die Boere gebruik het), terwyl die woorde van die gelofte op die ander aansig weergegee word.
Die gelofte was : “Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde, om ‘n gelofte aan hom te doen, dat as hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n sabbat sal deurbring en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit hom behaag en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte, want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan hom te gee.”
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…