Opsomming : Daar sal eerskomende Maandag, 21 Oktober, om 17h30 ‘n openbare gespreksgeleentheid met die OAB direksie wees by die lapa van die Oewerrestaurant.
Soos reeds vantevore gekommunikeer, skep Orania Dorpsraad vanjaar graag weer geleenthede vir die onderskeie wyke van die dorp om persoonlik met die direksie van Orania Aandeleblok (OAB) te skakel.
Dié gesprekke dien as ‘n geleentheid vir die direksie om die gemeenskap se behoeftes aan te hoor en beter te verstaan. Ons ontmoet graag inwoners persoonlik sodat daar direkte kommunikasie tussen die direksie en mede-Oraniër is. Insette uit die gemeenskap is baie welkom.
Alhoewel alle mede-Oraniërs welkom is, wil die direksie in die besonder hierdie keer inwoners van die OEWER en HOEWES (H aandeelblokke) uitnooi na die gespreksgeleentheid op Maandag, 21 Oktober tussen 17:30 en 19:00 in die lapa by die Oewerrestaurant.
Ons ontvang u graag daar.
Vriendelik, die uwe
Lida Strydom
Burgemeester
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…