103/2026
20 Augustus 2026
Geagte Oraniƫrs,
BEKENDSTELLING VAN DIE OEWERPAD-PROJEK
Opsomming : OraniĆ«rs weet dit is belangrik dat die Oewerpad geteer word. Die Dorpsraad, in samewerking met ander instellings, stel die Oewerpad-projek bekend – indien ons op die samewerking van OraniĆ«rs en Orania-ondersteuners kan staatmaak, kan ons die Oewerpad teer. Sien asb die skrywe hieronder vanaf die Stadsboufonds, waarin die loodsing van hierdie projek aangekondig word:
“Die Orania Beweging en die Orania Ontwikkelingsmaatskappy nooi inwoners na die bekendstelling van die 2026 Stadsboufonds-projek uit, wat vanjaar op die opgradering van die Oewerpad fokus.
Die Oewerpad is reeds lank as een van die belangrikste en besigste roetes in Orania geĆÆdentifiseer. Die opgradering daarvan is ān groot projek wat, soos soveel ander ontwikkelingsprojekte in Orania, met beperkte hulpbronne aangepak moet word.
Deur die pad in kleiner gedeeltes op te deel, word hierdie groot projek in kleiner, haalbare stappe verdeel. Só kan die gemeenskap saam daartoe bydra om die opgradering van die Oewerpad stap vir stap ān werklikheid te maak.
Meer inligting en geleentheid om deel te neem is beskikbaar by: https://bou.orania.co.za/
Inwoners word uitgenooi om die bekendstelling by te woon en meer oor die projek en die pad vorentoe te hoor.
Datum: Maandag 24 Augustus 2026
Tyd: 17:15
Plek: Heuwelsig (Oewerpad)
Trek gerus iets oranje aan!”
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad – Kommunikasiebestuurder
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…