13 Februarie 2025
Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
ORANIA EN TRUMP – WAT IS DIE NUUTSTE?
Opsomming : Joost Strydom, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging, gee hiermee meer inligting oor Orania se huidige situasie, in lig van President Donald Trump van Amerika se posisie oor Suid Afrika en die Afrikaner volk.
Beste Oraniƫrs,
President Donald Trump se aankondigings en uitvoerende opdrag oor sanksies en vlugtelingstatus het omtrent die land geskud. Op hierdie stadium voel baie mense dat daar meer vrae as antwoorde is, en dit is duidelik dat daar ook onsekerheid is.
In sulke tye is daar geleenthede en uitdagings, maar bo dit alles is tye soos hierdie ān herinnering aan wat die belangrikste dinge in die lewe is. Hier is ān kort opsomming van Orania se standpunte wat ons aan die res van die wĆŖreld kommunikeer, die boodskap wat ons aan die Withuis wil stuur, en die situasie in Suid-Afrika.
Die VSA se aanbod
President Trump het ān uitvoerende opdrag geteken wat stel dat die Suid-Afrikaanse regering, weens die grondonteiningswet, diskriminerende praktyke en beleid wat die VSA en sy geallieerdes internasionaal teenstaan, die VSA se steun verloor het. Dit sluit die opskorting van die USAID-program se $440 miljoen per jaar aan Suid-Afrika, moontlike sanksies en ān einde aan enige ander ondersteuning in.
Terselfdertyd het die Amerikaners aangekondig dat humanitĆŖre ondersteuning vir Afrikaners ān prioriteit sal wees en dat toegang tot die VSA se program vir vlugtelinge gebied sal word ten einde Afrikaners as vlugtelinge in die VSA te vestig.
Verdere besonderhede oor presies hoe moontlike sanksies of vlugtelingstatus sal werk, is nog onduidelik. Ons weet net dat die Amerikaanse regering se staatsorgane daaraan werk.
Orania se reaksie
Orania se vermoĆ« om vinnig op sulke onverwagse nuus te reageer, is gesetel in ons strategie sedert ons instellings soos SABRA, AVSTIG, die Oranjewerkers en ander met die Orania-idee begin het. Indien die Amerikaanse president in 1988 dieselfde aanbod gemaak het, sou die Orania Beweging se voorganger, AVSTIG, waarskynlik dieselfde gereageer het: Afrikaners soek erkenning vir ān eie gebied!
Dit is juis moontlik omdat die Orania-strategie nog altyd dieselfde is. Ons boodskap is al vir meer as 35 jaar om ān gebied vir Afrikaners uit te bou met eie grond, eie instellings en eie arbeid. Dit beteken dat vryheid van grondvlak af gebou word.
Die Orania Beweging het in oorleg met die Orania Verteenwoordigende Raad en die dorp se instellings ān mediaverklaring opgestel en ons standpunt in drie woorde saamgevat:
HELP ONS HIER
Orania en die Afrikaners wat hier woon, is dankbaar vir die dringendheid in die reaksie waarmee die Trump-administrasie die grondonteiningskwessie aangepak het. Die gevaar van grondonteiening vereis só ān dringende reaksie. Ons is besonder dankbaar dat Afrikaners met pres. Trump se uitvoerende opdrag ā deur na ons te verwys as Afrikaners ā as ān volk in eie reg erken is.
Sonder om diegene wat sou kies om Suid-Afrika vir die VSA te verruil te benadeel, bly die Orania-strategie steeds om ān volhoubare plek in ons gebied vir ons mense te bou. Hier kan ons as Afrikaners bly voortbestaan, binne ons eie kultuur en op die kontinent waar ons al byna 400 jaar woon.
Hoe het die media gereageer?
Die plaaslike en internasionale media het die Orania Beweging se kantore byna oorval met versoeke vir onderhoude, radio-gesprekke, debatte en TV-reaksies. Tot dusver is daar al tientalle plaaslike artikels, onderhoude en televisiedebatte oor Orania se standpunt gepubliseer ā insluitend ān TV-program in Swede, radio-onderhoude in Windhoek, onderhoude vanuit Nederland en koerantberigte in die VSA. Daar lĆŖ ook nog televisie-onderhoude in die VSA voor.
Op sosiale media is die Orania Beweging se videoās oor grondonteiening en die versoek aan Trump al meer as ān miljoen keer elk gekyk! Derduisende plaaslike en internasionale reaksies het soos ān storm losgebars.
In kort: Orania is absoluut in die kollig en in die wêreld se oë.
Wat is die risiko vir Orania en Oraniƫrs?
Talle OraniĆ«rs vra of daar risikoās vir Orania en sy mense is ā hetsy deur die grondonteiningswetgewing of deur die groot mediablootstelling oor Orania. Sommige vra selfs of ān laer profiel nie dalk ān beter aanslag sou wees in hierdie stormagtige tyd nie.
Oor die grondonteiningswetgewing en die implikasies is daar min te sĆŖ. OraniĆ«rs behoort, net soos enige regsdenkende persoon, hierdie gevaarlike wetgewing teĆ« te staan. Heelwat hofsake sal nog hierteen gedryf word. Ons hoop dat die wetgewing, wat maklik as ān politieke gereedskapstuk deur die regering gebruik kan word, totaal geskrap sal word.
Ironies genoeg help die breĆ« media-aandag Orania ook beskerm. Dit is moeilik om openlik ān agenda teen Orania te dryf of van Orania ān teiken te maak terwyl die hele wĆŖreld ons dophou. Dit sou dwaas wees van enigiemand om die mees besproke dorp in die wĆŖreld aan te val!
Die Orania Beweging en ander instellings werk voortdurend saam om ons mediastrategie te verfyn, ons boodskap duidelik te stel en oordeelkundig te besluit watter onderhoude ons toestaan en watter ons weier. Dit is ān dinamiese en voortdurend veranderende proses wat lei tot groot besluite, verantwoordelikheid en tog ook opgewondenheid en optimisme! Ons weet ons verteenwoordig, saam met die ander instellings, ons gemeenskap, en ons probeer dit so oordeelkundig moontlik doen ā om beide ons saak van Afrikanervryheid te bevorder en ons gemeenskap veilig te hou.
Voorstelle, kritiek en kommentaar is baie welkom.
Wat is die geleenthede vir Orania?
Terwyl die situasie in die land tans nie ideaal is nie ā met onsekerheid oor regte, sanksies en die ANC se vyandige houding ā besef ons dat dit ān goue geleentheid is om Orania se saak te bevorder. Dit beteken dat ons moet aanhou om ons saak van ān eie gebied aan regerings (insluitend die Suid-Afrikaanse regering) te stel.
Ons moet dit op ān oordeelkundige, ordentlike en beskaafde manier doen. Die situasie in die land is waarskynlik so vloeibaar soos laas in die 1980ās, ān tyd van groot verandering in Suid-Afrika. Dalk is daar ook in hierdie wanorde ān geleentheid vir OraniĆ«rs ā ons weet mos, moenie ān goeie krisis mors nie!
Wat gebeur volgende?
In kort: Geen aardse mens weet presies wat gaan gebeur nie. Ons kan egter beheer wat binne ons beheer is, en elke Oraniƫr moet dit met groot erns doen.
1. Die Orania-plan het nie verander nie. Bou aan ān dorp, wat ān stad kan word. Bou aan ān stad wat die streek kan beĆÆnvloed. Bou aan ān streek wat ons na ān staat sal neem. Baie ou drome van āvryheid sommer net kryā of van iemand af āontvangā of āvatā doen tans die rondte. Die realiteit is steeds dat die bou van vryheid met Afrikanerhande steeds die enigste manier is, daar is geen kortpaaie nie.
2. Stel ons saak! Ons het vriende nodig wat die Orania-plan moet hoor. Dit is beter om aan vryheid te bou in Orania, as om ān vlugteling in ān ander man se land te wees.
3. Wees oordeelkundig. Oordeelkundig in ons boodskap, oordeelkundig in die wyse waarop dit oorgedra word en oordeelkundig met ons emosies. ān Helder en duidelike boodskap vanuit Orania, sonder aanvalle op ander of los praatjies, is vir ons saak goud werd. Kom ons praat met selfvertroue!
4. Ons heil lĆŖ nie by die ANC, by President Trump of enige ander regering of mens nie. Al is ons sondige mense, laat ons onsself volledig en eerlik voor die Here verootmoedig. Hy is die Bepaler van die lotte van Volke en Nasies, en net voor Hom is daar vir ons enige hoop. Mag Orania se optrede in hierdie tyd soos ān stad op ān berg en ān lamp op ān staander wees.
Kom ons deel die opwinding, want ons bou aan:
VRYHEID IN ONS TYD!
Orania Beweging
Joost Strydom
joost@orania.co.za
0532070062
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…