Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
BELANGRIKE INLIGTING OOR VERBLYFREG
Opsomming : Die belangrikheid van Verblyfreg en die gevolge daarvan as dit nie reg hanteer word nie, word in hierdie skrywe bespreek.
VERBLYFREG
Orania streef ān ideaal na waaraan ons daagliks prakties meewerk. Hierdie ideaal hou in dat dit Afrikaners is wat in Orania woon, werk en bou aan selfbeskikking. Om ons ideaal te ondersteun en daarmee saam risikoās vir die gemeenskap te beperk, volg Orania ān beleid dat enige persoon wat in Orania wil woon of werk, oor Verblyfreg moet beskik. Met Verblyfreg maak ons seker dat dit Afrikaners is, gebind in ons kultuur, wat meewerk aan ons strewe.
Verblyfreg het dit derhalwe ten doel om ons rondom ān gedeelde identiteit en grondslag in te sluit, maar ook om daardie gedrag wat met ons waardes onversoenbaar is uit te sluit. Met Verblyfreg word ān regsverhouding gevestig en waarop ān persoon wat ernstige misdade in Orania sou pleeg, Verblyfreg weer kan verloor.
Verblyfreg staan onder die toesig en beheer van die Verblyfregbeleidkomitee (VBK) wat uit al die grondentiteite, die Orania Verteenwoordigende Raad en die Orania Beweging saamgestel word. Die Dorpsraad bied operasionele ondersteuning met die daarstel van die Kantoor vir Verblyfreg.
Toenemend persone sonder Verblyfreg
Daar is ongelukkig ān toename in persone wat in Orania woon en/of werk, maar nie oor Verblyfreg beskik nie. Hierdie persone word meestal deur inwoners, wat die reĆ«ls rakende Verblyfreg ken, van verblyf of werk voorsien.
Daar is verskeie redes waarom persone die voordele van Orania wil geniet, maar nie aansoek om Verblyfreg doen nie. Daar was ān paar gevalle waar die persoon nie ān Afrikaner is nie en soms glad nie Afrikaans kan of wil praat nie. In ander gevalle het die persone ān uitgebreide misdaadrekord, gebruik dwelmmiddels, of is daar ander risikoās vir die gemeenskap. Hierdie betrokke persone vermoed, of word ingelig, dat sou hul aansoek om Verblyfreg doen, dit moontlik onsuksesvol kon wees. In sekere gevalle is dit inwoners wat nuwe intrekkers wat by hul woon of by hul werk ontmoedig om aansoek om Verblyfreg te doen.
Die gemeenskap dra die gevolge
Indien persone in Orania woon en werk, sonder dat hul oor Verblyfreg beskik, dra ons gemeenskap die nadelige gevolge daarvan. Ons gemeenskaplike verbintenis en strewe tot ons ideaal word ondergrawe terwyl wesenlike risikoās na vore tree.
Daar is reeds melding gemaak van verskeie risikoās wat sodanige persone by aanvang van hul verblyf vir die gemeenskap inhou. Ongelukkig wil dit in verskeie van die gevalle blyk dat hierdie persone, wat nie aansoek om Verblyfreg doen nie, hul risikoprofiel gestand doen. Sommige woon en werk in Orania terwyl hulle deurlopend Engels praat, daar is persone gevang wat dwelms besit of versprei en in ān ander geval het ān persoon wat meer as ses maande sonder Verblyfreg in Orania gewoon het geld van ān inwoner by wyse van bedrog gesteel.
Inwoners wat aan persone wat nie oor Verblyfreg beskik nie, verblyf of werk verskaf, sien dalk vir hulself ān kortstondige voordeel raak, maar die gemeenskap as ān geheel word egter daarin wesenlik benadeel.
Verblyfregreƫls
Enige inwoner wat aan ān persoon verblyf of werk verskaf, terwyl daardie persoon nie oor Verblyfreg beskik nie (of wie se Verblyfreg opgehef is), oortree Orania se VerblyfregreĆ«ls. Ons DissiplinĆŖre Kode stel dit baie duidelik dat daar teen sodanige persone gepaste optrede moet volg.
Inwoners word aangemoedig om met die Kantoor vir Verblyfreg te skakel indien hul onseker is welke ān persoon oor Verblyfreg beskik al dan nie.
Verblyfregbeleidkomitee stel beleid in
Die VBK het in die lig van ān toename van die getal persone wat in Orania sonder Verblyfreg woon of werk, beleid in werking gestel wat sodanige gevalle duidelik aanspreek. Die beleid stel kortliks die volgende:
1. Die verstek posisie is dat persone van buite Orania aansoek om Verblyfreg moet doen, voordat hulle hulself in Orania vestig.
2. Dit is moontlik om Orania vir ān tydperk van tot en met 28 dae sonder Verblyfreg as ābona fideā besoeker te besoek.
3. Indien ān persoon homself in Orania vestig sonder om aansoek om Verblyfreg te doen, is dit ān oortreding van Orania se reĆ«ls.
4. ān Persoon wat hom- of haarself in Orania op semi-permanente of permanente basis wil vestig, het ān tydperk van 5 (vyf) kantoordae vandat hy of sy in Orania aangekom het om aansoek om Verblyfreg te doen (die āvoorgeskrewe tydperkā).
5. Persone wat hulself in Orania vestig en nie aansoek om Verblyfreg binne die voorgeskrewe tydperk doen nie, moet Orania verlaat en moet van buite Orania aansoek doen.
6. In die geval waar ān persoon hom- of haarself in Orania vestig, maar aanvoer dat hy of sy ān bona fide besoeker is, sal die voordeel van die twyfel aan die persoon gegee word, met dien verstande dat:
Ā· In die geval waar die persoon ān permanente werk opneem of ān huurkontrak aangaan of poog aan te gaan of ān besigheid begin bedryf, moet die persoon die dorp verlaat en van buite Orania aansoek om Verblyfreg doen.
. Waar die persoon langer as 28 dae in Orania bly, moet die persoon die dorp verlaat en van buite Orania aansoek om Verblyfreg doen.
Versoek van OAB-direksie aan die Verblyfregbeleidkomitee rakende 28-dae tydperk
Die VBK het ān versoek vanaf die direksie van OAB ontvang dat daar oorweging aan die tydperk wat besoekers aan Orania mag aflĆŖ, sonder dat verdere aansoek gebring word, gegee word. Hierdie tydperk is op die oomblik 28 dae en sal die VBK sodanige versoek by die volgende vergadering onder bespreking neem.
Voormelde beleid rakende die tydperke van toepassing waarbinne persone moet aansoek doen, is derhalwe ten aansien van sodanige persone wat hulself in Orania vestig om hier te woon of werk. Dit is nie van toepassing op die tydperk wat besoekers Orania mag besoek nie.
Die proses
In die geval waar ān persoon besig is met sy of haar aansoek om Verblyfreg, kan ān tydelike Voogdyskapvorm uitgereik word en wat inhou dat sodanige persoon wel onderhewig aan finale Verblyfreg in Orania mag woon of werk. Sodanige Voogdyskapvorm word slegs uitgereik nadat die aansoek om Verblyfreg reeds ingevul is.
Die proses om aansoek om Verblyfreg te doen, geskied aanlyn, is vaartbelyn en onderhewig aan vasgestelde beleid met die oogmerk om verwelkomend teenoor aansoekers te wees. Aansoeke word ook nie lukraak in oorweging geneem nie, maar aan die hand van die beleid soos deur die VBK bepaal.
Om voorsiening vir verskillende omstandighede te maak bestaan die volgende kategorieƫ waaronder persone kan aansoek doen:
1. Verblyfreg: Hierdie is die aansoek wat oor die algemeen gebring word as Å vereiste vir alle inwoners bo die ouderdom van 18 wat in Orania wil woon, werk, eiendom koop of Å besigheid registreer.
2. Studentepermit: Hierdie aansoek kan gebring word deur ān persoon wat in Orania wil woon en studeer. Die proses is administratief makliker as wat by Verblyfreg vereis word, maar sal die persoon wat na sy studies in Orania wil woon dan nog steeds om Verblyfreg moet aansoek doen.
3. Werkspermit: In gevalle waar ān persoon vir ān beperkte tydperk van langer as twee dae maar nie langer as 120 dae nie ān vooraf gereĆ«lde werk / diens in Orania verrig, kan hy of sy aansoek om ān Werkspermit doen. Sodanige persoon wat langer as 120 dae in Orania wil werk moet vir Verblyfreg aansoek doen.
4. Besoekerspermit: In gevalle waar ān persoon nie permanent in Orania wil vestig nie, maar wel vir ān beperkte tyd wat langer as 28 dae duur om welke redes anders as om werk te verrig in Orania besoek wil aflĆŖ kan hul aansoek vir ān Besoekerspermit doen.
U word graag genooi om met die Kantoor vir Verblyfreg by verblyfreg@myorania.co.za te skakel ten aansien van die voorwaardes en vereistes wat by elke soort aansoek van toepassing is.
Ondersteunende gemeenskap
Ons betuig graag ons dank aan die oorgrote meerderheid van die gemeenskap wat ons met die toepassing van Verblyfreg ondersteun. Die kantoor het nie die kapasiteit om te kontroleer of ieder en elke persoon in Orania oor Verblyfreg beskik nie. Dit is egter meestal lede van die gemeenskap self wat na vore tree en ons daarin bystaan, ook met die aanmelding van gevalle waar persone in Orania woon of werk en nie oor Verblyfreg beskik nie.
Voormelde deelname en ondersteuning van die gemeenskap maak ān groot verskil. Dit kom vanuit die oortuiging dat ons in Orania met ān groter ideaal as bloot die eie self mee besig is.
Vriendelike Groete
Jan van Zyl
Hoof: Verblyfreg
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $Ā https://myorania.co.za/kontak-ons/$Ā
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $Ā https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$Ā
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…