111/2025
9 Junie 2025
Geagte aandeelhouers en inwoners,
WERK NABY HOOFKRUISING SAL VERKEER HIERDIE WEEK BEÏNVLOED
Opsomming: Verkeersvloei naby die hoofkruising — veral in Safierstraat-Oos — sal hierdie hele week belemmer word weens werk aan pype. Donderdag sal daar geen toegang tot Orania Oos wees vanaf die hoofkruising nie, maar slegs via die Servituutpad.
Die afdeling Ingenieursdienste se werk aan Fase 2 van die opgradering van die nuwe pomplyn vanaf die rivier vorder goed. Die uitgrawings behoort hierdie week deur Pêrellaan, by die hoofkruising, te gaan.
Die konstruksiespanne gaan die hele week in daardie omgewing doenig wees en inwoners word aangeraai om Safierstraat Oos, indien moontlik, heeltemal te vermy. Almal moet asb let op die konstruksieborde en die aangeduide ompaaie.
Daar word beplan om op Donderdag 12 Junie deur Pêrellaan te grawe. Die pad sal dus vanaf 08:30 tot 16:00 gesluit wees. Gedurende dié tydperk sal inwoners ongelukkig slegs via die Servituutpad toegang tot Orania Oos hê. Indien die installasie vinniger as verwag voltooi word, sal die pad natuurlik vroeër oopgestel word.
Dankie vir u geduld en samewerking.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof: Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…