Is die gerugte wat ek gehoor het waar dat sekere industrieƫ wat in Orania wou vestig (bv rondom die vliegveld) dit op die einde nie gedoen het nie omdat die besigheidsmanne nie aan sekere onredelike eise van Orania se leierskap wou voldoen nie?
Nee, daar was geen geval waar onredelike eise aan voornemende nuwe besigheidsmanne gestel is nie. Natuurlik is dit nodig dat nuwe mense moet verstaan dat Orania ān spesifieke, unieke inslag het en dat ons arbeidsbeleid en visie vir die toekoms baie anders as ander plekke sān is, maar indien iemand hulle vereenselwig met Orania se doelstellings, is hulle welkom om in ons vryemark-ekonomie besigheid te doen op gelyke voet met enige iemand anders.
Indien die anonieme plaser van hierdie vraag graag spesifieke inligting wil voorlĆŖ vir verdere gesprekke, stel ons voor dat dit per e-pos gedoen word aan inligting@myorania.co.za (maar dit sal die afsender se e-pos adres natuurlik sigbaar maak), want dan kan ān meer in-diepte ondersoek gedoen word en kan alle partye die saak makliker en vinniger bespreek totdat almal tevrede is.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…