opmerkings

Glasherwinning

Komplimente vir die flinke interim herstel / netjiesmaak by Pêrel- & Saffierstraat-Wes langs die skuifhek.

Ek is wel nuuskierig oor glasherwinning. Word die skeiding en aparte uitsit van glas, ter wille van herwinning, steeds aangemoedig? Rede vir die vraag is die groot hoop glas (gemeng met grond en ander materiaal) op die stortingsterrein, wat moontlik die teendeel inhou.

In sommige SA-stede waar herwinning gedoen word, is die haweloses dikwels die amptelike insamelaars vooruit met die insameling van glashouers, juis oor die vergoedingswaarde wat dit vir hulle inhou.

Ek verneem graag.

Groete.

Terugvoering

Orania doen moeite om herwinning so goed as moontlik te doen in die konteks van wat fisies en ekonomies haalbaar is.

Sekere soorte plastiek word bv apart uitgesorteer en gebaal (in ons groot hidroliese pars) en dan in groot-maat verkoop aan Suid Afrikaanse maatskappye wat dit van tyd-tot-tyd kom oplaai met 'n groot vragmotor. Hierdeur maak ons 'n noemenswaardige inkomste wat 'n gedeelte van die onderhoudskoste van die stortingsterrein dek, maar ook verleng ons die leeftyd van die terrein beduidend, omdat die fisiese volume wat plastiekbottels opneem groot is en die terrein baie vinniger sou vol wees as die bottels nie verwyder was nie.

Wat glas betref, word dit apart gehou tydens vullisverwydering sodat dit herwin kan word deur dit fyn te maak en as deel van nuwe padoppervlaktes te gebruik — ’n algemene praktyk wêreldwyd. Die opsie om gebruikte glas te smelt en weer vir nuwe glasprodukte te gebruik, maak tans nog nie sin vir Orania nie. Dit is hoofsaaklik omdat ons volumes relatief klein is en ook omdat ons ver geleë is van groot glasherwinningsaanlegte, wat beteken dat vervoerkoste baie hoog sou wees.

Daar is egter wel ’n moontlike toekomstige geleentheid vir ’n Oraniër om herwinningsaanlegte vir verskillende materiale in Orania op die been te bring. Dit is beslis iets wat ons entrepreneurs gerus kan oorweeg.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

081/2026
(Uitgereik op: 26 June, 2026)
Orania Veiligheidsdienste
080/2026
(Uitgereik op: 23 June, 2026)
Inligting en Skakeling
079/2026
(Uitgereik op: 19 June, 2026)
Inligting en Skakeling
078/2026
(Uitgereik op: 18 June, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

11
Jul
Saturday 11 July, 2026
- 11 July, 2026
10:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am
3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm
8
Aug
Saturday 8 August, 2026
- 8 August, 2026
3:00 pm
12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…