127/2026

UITNODIGING NA OPENBARE WERKSWINKELS OOR ORANIA SE DORPSREËLS

Uitgereik op: 16 September 2026
Uitvoerende Hoof

0

UITNODIGING NA OPENBARE WERKSWINKELS OOR ORANIA SE DORPSREËLS

127/2026

16 September 2026

Geagte Oraniërs,

UITNODIGING NA OPENBARE WERKSWINKELS OOR ORANIA SE DORPSREËLS

OPSOMMING : Orania Regspleging bied gedurende Oktober 2026 ’n reeks werkswinkels aan waartydens Orania se bestaande Dorpsreëls deurgewerk en moontlike verbeterings, leemtes en oorbodige reëls bespreek sal word. Oraniërs is welkom om vir enige of alle werkswinkels te registreer en insette te lewer.

Binne ons gemeenskap se strewe na selfbeskikking is dit ons voorreg om in eie geledere ons openbare lewe te orden en verantwoordelik te bestuur. Die direksie reik, soos van tyd tot tyd nodig mag blyk, Dorpsreëls ten aansien van sekere sake in Orania uit en waarvolgens basiese riglyne daargestel word. Die instel van enige reëls is wel onderhewig aan die geldende reg en die algemene beginsels wat van toepassing mag wees.

Dorpsreëls soos deur die direksie uitgereik, geskied nie slegs omrede nasionale wetgewing dit binne ’n aandeelblok soos OAB vereis nie, maar ook omrede dit ’n positiewe bydrae tot konsekwentheid en deursigtigheid vir ons inwoners lewer. Duidelike reëls en riglyne bied aan elkeen die geleentheid om te weet welke maatstaf van toepassing mag wees en om daarvolgens te beplan.

Orania en spesifiek OAB het egter wesenlik minder reëls/regulasies as wat andersins in Suid-Afrika se dorpe en veral stede gevind kan word. Die direksie volg ’n algemene benadering by regulering waarop OAB se kernbedryf gefokus word en oorregulering vermy word. Die Dorpsraad se primêre rol (kernbedryf) is om met goeie owerheidsdienste ’n gunstige omgewing te skep waarbinne ekonomiese aktiwiteite van die privaat sektor kan gedy. Die Dorpsraad wil so min as moontlik met die vryemark inmeng en moet regulatoriese toetrede as die uitsondering eerder as die reël beskou word, met ’n swaartepunt tot die handhawing van die openbare orde, eerder as die sentrale bewerking van sekere ekonomiese uitkomste.

Waar die direksie die verantwoordelikheid het om, soos nodig, Dorpsreëls uit te reik, maar terselfdertyd dit verantwoordelik benader en met ’n fokus op gesonde groei ook in die toekoms daarvoor wil sorg dat Orania nie aan onnodige regulasies blootgestel word nie, is dit gesonde praktyk om die geheel van ons Dorpsreëls by geleentheid in oorweging te neem. Dit beteken prakties dat die reëls soos uitgereik deurgewerk word en voorstelle vir die nodige wysiging daarvan ingewin word. Onnodige reëls kan moontlik geskrap word terwyl leemtes aangespreek word.

Orania Regspleging gaan DV gedurende Oktober 2026 ’n reeks werkswinkels waar die onderskeie Dorpsreëls in Orania behandel word, fasiliteer. Dit bied geleentheid waar insette ontvang kan word en moontlike leemtes, verbeterings en oorbodige reëls aangedui word. Oraniërs is welkom om vooraf vir enige of alle werkswinkels te registreer en ’n bydrae tot die verbetering van ons reëls te maak.

Die program vir die werkswinkels rakende Orania Dorpsreëls wat by die Dorpskantoor in Oktober 2026 gehou word, is soos volg:
a. Maandag 12 Oktober 14:30 tot 16:30: Algemene oorsig, Afdelings A3, A4 (Skeiding van magte, ordeninge gesag, geskilbeslegting).
b. Dinsdag 13 Oktober 08:00 tot 10:00: Grondgebruik en Boubeheer (reëls nog nie ingestel nie)
c. Dinsdag 13 Oktober 14:30 tot 16:30: B4 Drank, Advertensies (reëls nog nie ingestel nie)
d. Woensdag 14 Oktober 08:00 tot 10:00: C1 Veiligheid, C3 Diere
e. Woensdag 14 Oktober 14:30 tot 16:30: C4 Probleem eiendom, C5 Padreëls
f. Donderdag 15 Oktober 08:00 tot 10:00: Gemeenskapsdienste (Swembad, Begraafplaas, Biblioteek, Sportvelde, Publieke Ruimtes – reëls nog nie ingestel nie)
g. Donderdag 15 Oktober 14:30 tot 16:30: C6 Geraasbeheer (reëls nog nie ingestel nie)
h. Vrydag 16 Oktober 08:00 tot 10:00: Uitstaande reëls, boeteskedule, nuwe register vir samestelling van reëls

Dit is belangrik om daarop te let dat voormelde werkswinkels nie enige reëls kan wysig of instel nie. Dit kan slegs geskied waar gewysigde reëls aan die direksie vir goedkeuring daarvan voorgelê word en daar boonop ’n publieke deelnameproses gevolg is. Die werkswinkels wil wel op ’n praktiese wyse kyk dat ons Dorpsreëls met ’n ontwikkelingstrategie en onderling met mekaar belyn is, dat ons reëls prakties en uitvoerbaar is, dat oorbodige of onpraktiese reëls aangedui word, dat reëls verbeter word waar nodig en dat ons reëls regverdigheid en konsekwentheid verder bevorder. Voorstelle tot wysigings kan dan daaropvolgend voor die direksie dien.

Belangstellendes is welkom om vir enige of alle werkswinkels te registreer deur ’n e-pos aan Jan van Zyl by jan@myorania.co.za te stuur. Skriftelike voorleggings rakende enige van ons Dorpsreëls is ook welkom en kan aan dieselfde e-posadres gestuur word.

Enige navrae ten aansien van die werkswinkels vir Orania se Dorpsreëls kan gerus aan die Kantoor vir Regspleging gerig word.

Vriendelike groete,

Jan van Zyl
Hoof: Regspleging (Kantoor)

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof
126/2026
(Uitgereik op: 15 September, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls