Dit is met groot teleurstelling dat ek verneem van die skrywe 203/2025 gedateer 28 Oktober 2025 vanaf die Dorpsraad.
In die skrywe word vermeld van ñ kragonderbreking wat op Sondag 2 November 2025 beplan word met rede "In ’n poging om die kleinste moontlike impak op inwoners se besige lewens te hê, het die Dorpsraad besluit om groot opkomende werk aan die elektrisiteitsinfrastruktuur op ’n Sondag te doen, wanneer elektrisiteit oor die algemeen minder belangrik is vir Oraniërs."
Wat ñ hartseer dag, met hierdie siening van die Dorpsraad, dat impak op mense nou belangriker is as die onderlinge ooreenkoms wat ons met mekaar gesluit het om die Sondag as rusdag te eer en te respekteer.
Dit is duidelik uit die kennisgewing dat hierdie nie noodwerk is nie. Ek hoop van harte dat die Dorpsraad hierdie besluit sal heroorweeg.
Groete
Baie dankie vir u boodskap en vir die erns wat u neem daarmee dat Orania se Christelike beginsels nooit verander moet word nie. Ons stem sterk saam met daardie sentiment!
U klagte teen die besluit om 'n groot uitsondering op normale praktyk te maak en ontwrigtende werk hierdie keer op 'n Sondag te doen, is aan die Dorpsraad se bestuur voorgelê en sal ook onder die OAB direksie se aandag gebring word.
Intussen kan ek (die Dorpsraad se kommunikasiebestuurder) solank my persoonlike terugvoer gee deur u daarvan te verseker dat die besluit nie ligtelik geneem is nie en dat beginsels wat opgesluit lê in verhale soos Jesus se dissipels wat koringblare op die sabbat uitgedruk en geëet het, asook die verlamde wat op die sabbat genees is en toe sy beddegoed huis toe gedra het, in ag geneem is.
Indien ek enige verdere terugvoer hieroor ontvang van die bestuur van Orania se "owerheid" af, sal ek dit hier byvoeg.
As u intussen dalk ons gesprek in persoon wil voortsit (wat dus beteken dat u natuurlik nie meer anoniem sal wees nie), is u welkom om 'n e-pos te stuur na inligting@myorania.co.za .
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…