217/2025
19 November 2025
Geagte Oraniërs,
TERUGVOER OOR GEMEENSKAPS-MENINGSPEILING OOR MOONTLIKE TATOEËRATELJEE
Opsomming : Die gemeenskap se sentiment oor die moontlikheid van ’n tatoeërateljee in Orania is baie negatief, en die OAB direksie het besluit om nie sulke moontlike aansoeke in die toekoms gunstig te oorweeg nie.
Inwoners sal onthou dat die Dorpsraad in Kennisgewing 173/2025 die gemeenskap gevra het om hul opinies te deel oor die moontlikheid dat daar dalk in die toekoms ’n tatoeërateljee in Orania se dorpsgebied kan wees. Ons wil hiermee graag terugvoer gee oor wat intussen rondom daardie aangeleentheid gebeur het.
Daar was groot belangstelling in die vraag, en baie inwoners het hul menings gedeel. Etlike redes ten gunste van ’n tatoeërateljee is genoem, asook verskeie redes daarteen. Uiteindelik was die algemene sentiment egter sterk negatief, met minder as 10% van respondente wat tot ’n mate daarvoor te vinde sou wees.
Die OAB-direksie het die aangeleentheid daarna verder bespreek en het – met inagneming van die uitslag van die meningspeiling, asook hul persoonlike oortuigings – die besluit geneem dat hulle nie sulke moontlike aansoeke in die toekoms gunstig sal oorweeg nie.
Vriendelike groete,
Cobus Pretorius
Hoof : Beplanning en Grondgebruik
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…