Goeiedag,
Ek hoor al vir 'n paar maande kinders se trane en skree - ek dink hulle is ongelukkig en bang by 'n kleuterskool op Orania. Ek wil daarom graag weet hoe die bevoegdheid van hulle personeel om sulke belangrike werk te doen gemonitor word.
Orania Helpmekaar - Orania se eie maatskaplike dienste instelling - doen onder andere gereelde besoeke aan kleuterskole om te verseker dat die kinders se sorg op standaard (en beter!) is.
Wanneer daar soms uitdagings is, word gepaste aksies geneem om te help om die situasies te verbeter.
Daar word vermoed dat die geval waarna jy verwys dié is van 'n spesifieke outistiese kind wat ongelukkig baie sukkel om in te pas by skole, en wat ook gereeld hard skree en huil sonder dat meeste ander kinders dit sou gedoen het onder dieselfde omstandighede. Dit blyk dus dat hierdie geval reeds gemonitor word.
Indien enigiemand in Orania twyfel het oor spesifieke maatskaplike omstandighede binne ons gemeenskap, kan hulle regtig met graagte die saak met Helpmekaar opvat. Hulle is gewoond daaraan en opgelei om sensitiewe situasies korrek te hanteer, en natuurlik ook om mense se anonimiteit te bewaar soos nodig.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…