018/2026

ORANJERIVIER SE WATERVLAK HET BEGIN STYG

Uitgereik op: 18 February 2026
Orania Veiligheidsdienste
Vlak 1 - Groen

0

ORANJERIVIER SE WATERVLAK HET BEGIN STYG

018/2026

18 Februarie 2026

Geagte Oraniƫrs,

ORANJERIVIER SE WATERVLAK HET BEGIN STYG

Opsomming : Die Oranjerivier se watervlak by Orania het begin styg en is dus gevaarliker as gewoonlik, maar die waarskuwingsvlak bly op GROEN en Sandbaai is steeds oop vir die publiek.

Neem asseblief kennis dat die Oranjerivier se watervlak die afgelope paar dae by Orania toegeneem het. Hierdie verhoogde vloei is die gevolg daarvan dat die Vanderkloofdam sy 100%-kapasiteit oorskry het en dat die hidroturbines tans meer water deurlaat as wat gewoonlik die geval is. Dit het tot gevolg dat die watervloei op hierdie stadium ongeveer 670 kubieke meter per sekonde (kumek) beloop. Volgens verwagting behoort hierdie vloei vir die volgende week of twee voort te duur.

Die watervlakke van die damme (veral Gariep- en Vanderkloofdam), asook die rivier, word deurlopend deur die Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS) dopgehou. Die gemeenskap sal in kennis gestel word sodra die vlakke sodanig verander dat toegang tot die rivier om veiligheidsredes beperk moet word en Sandbaai gevolglik gesluit moet word. Vir eers bly die waarskuwingsvlak dus op GROEN, maar indien die risiko verhoog, kan dit verander na Geel, Oranje of Rooi.

Ter herinnering volg die omskrywing van die verskillende waarskuwingsvlakke:
GROEN: Gaan (versigtig) voort met normale aktiwiteite. Riviervlakke is binne gewone perke.
GEEL: Wees paraat. Geen toegang tot die rivier weens dreigende gevaar.
ORANJE: Beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere uit geĆÆdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid).
ROOI: Ontruim geĆÆdentifiseerde gebiede volledig teen ʼn aangekondigde tyd.

Ons versoek die gemeenskap om met die verhoogde riviervlak versigtig te wees. Daar is tans sterker strome en maalkolke in die rivier, wat ’n potensiĆ«le gevaar inhou.

Vriendelike Groete,

GOS Voorsitter

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof
126/2026
(Uitgereik op: 15 September, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls