Wat is volgende vir Orasol?
Wanneer is Orania energie vry?
Ons is bly om in jou kort vragie 'n positiewe sentiment oor Orasol te bespeur! Ons is baie tevrede met die feit dat hulle alreeds tot so mate na onafhanklikheid toe gewerk het dat vandag se 15.5 uur lange kragonderbreking vanaf Eskom in geheel geabsorbeer kon word sonder dat inwoners enige tekort aan elektrisiteit ondervind het.
Orasol beplan alreeds vooruit vir volgende fases van die sonplaas, en ondersoek selfs ook allerhande ander maniere waarop krag opgewek kan word (wie weet, dalk selfs eendag 'n klein kernkrag-aanlag, wat nie so verregaande is as wat mens se eerste instiktiewe reaksie daaroor is nie?!), maar moet natuurlik die realiteite van kostes en terugbetalings van lenings ens in ag neem. Die groei van die dorp en die algemene ekonomiese toestande in die land het dus alles 'n invloed daarop, wat dit byna onmoontlik maak om te raai wanneer ons dorp volledig onafhanklik gaan wees vir krag.
Wat beslis waar is, is dat dit presies is waarheen gemik word!
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…