047/2026
17 April 2026
Geagte Oraniërs,
HERINNERING – INSETTE KAN TANS GELEWER WORD OOR DIE HERSIENING VAN DIE ORANIA GRONDGEBRUIKBESTUURSKEMA (GGBS)
Opsomming : Ons wil alle Oraniërs graag daaraan herinner dat hulle, soos wat aanvanklik gekommunikeer was in Kennisgewing 027/2026, tussen 13 Maart en 12 Mei 2026 kommentaar kan lewer op die voorgestelde nuwe Orania Grondgebruikbestuurskema (GGBS).
Kennis is gegee dat die GGBS tans in die proses van hersiening is.
Die Orania Grondgebruiktribunaal (OGT) het die konsepdokument gefinaliseer en dit word nou aan ’n openbare deelnameproses onderwerp. Alle inwoners van Orania word dus versoek om die dokument te bestudeer met die oog op die volgende:
1. Dat kennis geneem word van die Skemareëls en-bepalings en waar nodig kommentaar gelewer sal word.
2. Dat gelet sal word op veranderings aan bestaande sonerings weens uitbreiding van soneringskategorieë.
Die skemadokumente sal op die volgende wyses ter insae wees:
* By die Orania Dorpskantoor
* By die kantore van Kambrolandskap Koöperatief Beperk
* By die volgende skakel: https://myorania.co.za/dokumente/ en kyk vir dokument genaamd “Orania Grondgebruikbestuurskema – vir publieke deelname in Maart 2026”
Die sluitingsdatum vir kommentaar en/of besware is 12 Mei 2026.
Enige navrae kan gerig word aan Liana Prinsloo by tel. 053 207 0063 of per e-pos by ogt@myorania.co.za.
Die uwe,
Liana Prinsloo
Sekretaris : Orania Grondgebruiktribunaal
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…