klagtes

Regverdige prosesse

Ek verwys nie n die Dorpsraad as sulks nie,maar my ondervinding van regverdige prosesse in werksplek was baie baie negatief.n Leiersmaatskappy in Orania is bewus van werkplek boelies en onregverdige regsprosesse.Dit het my opinie van Orania vir altyd verander en sal my bybly as dit wat ek sal onthou van my tyd in Orania.

Terugvoering

Dis jammer om te lees dat jy nie goeie herinneringe van Orania het nie. Ons dorp is natuurlik soos enige ander, met inwoners wat almal sondaars is voor God en wat dus goeie én slegte dinge aan mekaar doen. Ons meen egter ook dat ons uitgesproke Christelike karakter, en die feit dat die meeste inwoners aktief werk aan ’n verhouding met Jesus, daartoe bydra dat die algemene omgang tussen mense hier gesonder is as op die meeste ander plekke (al sal daar steeds gevalle wees waar mense nie korrek optree nie).

Dit is juis hoekom ons soveel moeite doen om ons onafhanklike regspleging goed te ontwikkel. Wanneer iemand voel dat hy of sy te na gekom word deur iemand anders, en persoonlike gesprekke nie daarin slaag om die saak op te los nie, is daar ’n amptelike en regverdige proses wat gevolg kan word. Geen Oraniër behoort dus ooit te voel dat hy of sy uitgebuit word en geen manier het om hom- of haarself daarteen te beskerm nie, aangesien ons oor ’n goeie stelsel beskik waar lede van ons eie gemeenskap—wat daarvoor aangewys is—geskille kan bemiddel of sake kan oorweeg en, op grond van al die feite, ’n regverdige uitspraak kan lewer.

Selfs al sou iemand nogsteeds voel dat daar ’n “onregverdige regsproses” was omdat ’n uitspraak van die Regspaneel volgens hulle nie korrek is nie (soos jy beweer), is daar die afgelope tyd ook ’n Regsraad ingestel waarna die saak verwys kan word. Hierdie raad bestaan eweneens uit “gewone” lede van die gemeenskap (dus nie amptenare van die owerheid nie) wat onpartydig optree en sonder vooroordele na sake kyk. Hulle is dus nog 'n verdere vlak wat help verseker dat prosesse regverdig en konsekwent toegepas word.

Na ons mening bewys bogenoemde dat daar deeglike meganismes in plek is om regverdigheid te bevorder. Indien iemand steeds onseker of ontevrede is oor ’n uitkoms, kan dit waardevol wees om seker te maak dat alle beskikbare prosesse ten volle benut is, aangesien dit juis ontwerp is om elke saak so billik moontlik te hanteer.

 

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

063/2026
(Uitgereik op: 22 May, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
062/2026
(Uitgereik op: 11 May, 2026)
Orania Veiligheidsdienste
061/2026
(Uitgereik op: 11 May, 2026)
Ingenieursdiente
060/2026
(Uitgereik op: 7 May, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am
3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…