opmerkings

Oraniërs blyk Suurpruime te wees.

Liewe genade!

Ek lees nou deur hierdie plasings en sien hoe mense kerm en kla oor onbenullighede.

Kom hulle ooit uit Orania uit, of leef hulle geïssoleerd van die wêreld?

As die gemiddelde Oraniër soos die gemiddelde plasing op hierdie forum is, wil ek glad nie daar bly nie. Dit mense lyk soos 'n klomp suurpruime wat nooit met niks tevrede is nie en lief is om met almal oor alles te stry en te kibbel.

 

Terugvoering

Dis duidelik dat jy as buitestaander nie juis positief oor Orania is nie (wat natuurlik jou goeie reg is), en dat die doel van hierdie opmerking hoofsaaklik is om ons gemeenskap in ’n negatiewe lig te stel. Daarom sou dit eintlik maklik wees om die opmerking eenvoudig te ignoreer, maar ons wys tog graag hoe swak die gevolgtrekking is wat jy gemaak het.

Jy beweer dat hierdie forum bewys dat die gemiddelde Oraniër ’n “suurpruim” is, maar die feite ondersteun eenvoudig nie daardie gevolgtrekking nie. Oor die laaste 16 maande is daar gemiddeld omtrent twee opmerkings per week op hierdie forum geplaas. Heelwat van die opmerkings is deur dieselfde Oraniërs gemaak, en heelwat is ook duidelik deur mense van buite geplaas (soos jy). Dit beteken dat daar waarskynlik minder as omtrent 1,5 opmerkings per week vanaf ons eie mense kom. Verder is baie van daardie opmerkings neutraal of positief, wat beteken dat die werklike klagtes waarskynlik nie eens meer as een per week is nie.

As mens in ag neem dat ons ongeveer 2 200 volwasse inwoners het, beteken dit dat slegs omtrent 0,045% van ons inwoners in ’n gegewe week ’n klagte hier plaas. Dit is reeds voldoende om te wys hoe oordrewe dit is om op grond hiervan die hele gemeenskap as “suur” of voortdurend ontevrede te probeer beskryf.

Mens kan ook in gedagte hou dat ons, as “owerheid” wat opreg moeite doen om na ons mense te luister, dit verwelkom wanneer inwoners hul griewe lug. Dit gee ons die geleentheid om te verbeter waar nodig, sodat ons dorp as geheel sterker en beter kan funksioneer. Daarmee saam verstaan ons natuurlik dat oop gesprekke en kritiek soms vreemd kan voorkom vir mense soos jy wat blykbaar nie gewoond is aan ’n gemeenskap waar inwoners aktief betrokke is nie.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

072/2026
(Uitgereik op: 2 June, 2026)
Gemeenskapsdienste
071/2026
(Uitgereik op: 1 June, 2026)
Ingenieursdiente
070/2026
(Uitgereik op: 1 June, 2026)
Ingenieursdiente
069/2026
(Uitgereik op: 28 May, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
11
Jul
Saturday 11 July, 2026
- 11 July, 2026
10:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…