Goeiedag,
Ek wil graag 'n voorstel maak oor hoe ek dink die Dorpswembad beter bemark kan word en gevolglik meer inkomste genereer.
My vermoede is dat die mure rondom die swembad die mooiheid en aanloklikheid daarvan wegsteek. Oorweeg dalk om die huidige mure te verwyder en eerder van die nuwe soort draadheiningtegnologie gebruik te maak. Omdat hierdie tipe heinings deursigtig is, vertoon die swembad beter vir almal wat daar verby ry of stap. Dit help ook om vir mense te wys hoeveel besoekers daar reeds is wat 'n lekker tyd het, wat nog meer mense behoort te lok: voete trek voete.
Dink gerus daaroor! Ek dink dit kan werk!
Baie dankie vir die sinvolle opmerking. Ons stem honderd persent saam met jou!
Dis waar dat die hoƫ muur die bemarkbaarheid van die swembad belemmer. Ons beplan dus om definitief die muur te verander, en die metode wat jy voorstel is een van die mees waarskynlike opsies wat oorweeg word.
Dis maar egter, soos met meeste dinge, 'n kwessie daarvan om die fondse te vind daarvoor! Ons finansies is baie beperk en daar is 'n magdom dinge wat ons aandag verg, so dis maar altyd 'n balanseertoertie om die beste waarde vir die meeste mense te bied met die geld wat beskikbaar is.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…