Goeie dag,dis nou nie n klagte nie maar sal seker gesien kan word as een.Is daar n moontlikheid dat Orania se bestuur met Vodacom kan in die hande tree en kan reel oor moontlike sein versterkers ? Ek weet van die voorgestelde toring maar dit gaan nog baie lank vat voor hy moontlik opgerig gaan word. Intussen is dit frustreurend om so te sukkel met sein.Bv ek betaal vir 30mbps maar kry nie eens 1 mbps nie en ek bly reg by die toring.
So kan ek dalk n voorstel maak dat die bestuur dalk met Vodacom praat en dalk meer terugvoering kan gee asb ?
Dankie vir jou opmerking oor iets wat vir baie van Orania se inwoners soms 'n bron van frustrasie is.
Soos jy noem, is die Dorpsraad reeds in gesprek met Vodacom. Die feit dat die terrein vir die voorgestelde toring aan die Dorpsraad behoort, sowel as die feit dat ons die amptelike publieke deelnameproses van stapel gestuur het, dui daarop dat ons ons volle ondersteuning aan die projek gee sodat ons almal hopelik binnekort beter sein kan ontvang.
Wanneer Vodacom (deur Insite Towers) die voorgestelde toring opgerig het, kan 'n mens verwag dat die ander groot netwerke waarskynlik ook plek daarop sal huur om die nodige tegnologie te installeer wat húlle seine sal verbeter. Alle inwoners, en nie net Vodacom-kliënte nie, behoort dus 'n verbetering te ervaar.
Ons hoop dat die proses (publieke deelname, ens.) glad verloop en dat hierdie projek hopelik binne enkele maande voltooi kan word.
Wat korttermynverbeterings aan sein betref (voordat die toring opgerig word), is die beste voorstel wat ons kan maak dat soveel moontlik Vodacom-gebruikers in Orania self klagtes by die maatskappy indien. Dit kan hulle moontlik aanspoor om intussen 'n mobiele seinversterker aan te bring. Dit is juis sulke persoonlike klagtes wat Vodacom reeds aangespoor het om die nuwe toring voor te stel. Indien daar genoeg druk vanuit die gemeenskap is, kan hulle moontlik so 'n tussentydse oplossing bied.
Kontak gerus die Dorpsraad direk by inligting@myorania.co.za is jy hierdie in meer besonderhede wil bespreek.
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…