Dis amper winterspele 2026 en groot opknappings regdeur die dorp is gedoen. Maar o wee. Daardie oprit en parkeerterrein by Knapsak maak al julle winkelversierings ongedaan. Wat n skande/ramp vir Orania se beeld! Natuurlik is daar ook geen vullisdromme vir die publiek uitgesit nie, al vir JARE. Van hierdie klagte sal ook niks kom nie, net hoogdawerende verskonings.
Dis baie jammer om die negatiewe trant van jou vraag te sien, maar ons sal met graagte die situasie probeer verduidelik en hoop dat ons weer jou vertroue sal kan wen.
Natuurlik sien ons almal daarna uit dat alle terreine wat deur besoekers aan Orania betree word, eendag ten volle ontwikkel en afgerond sal wees, maar ons verstaan ook dat dit – meestal as gevolg van finansiële redes – nie dadelik moontlik is nie. Ons stem dus nie saam dat die huidige toestand 'n "skande" of 'n "ramp" vir die dorp is nie.
Onthou asseblief dat Orania se "owerheid" probeer om sover as moontlik nie inbreuk te maak op inwoners se persoonlike vryheid nie en om nie op onredelike wyse aan plaaslike ondernemings voor te skryf hoe hulle hul besighede moet bedryf nie. Daar is reëls om 'n ordelike gemeenskap te handhaaf en om die korrekte bestuur van die dorp, volgens die wettige voorskrifte waaraan ons moet voldoen, te verseker, maar oor die algemeen probeer ons om 'n "klein regering" te wees.
Die perseel waarna jy verwys, is die eiendom van 'n privaat besigheid (wat toevallig 'n baie positiewe en gewaardeerde rol in ons ekonomie en gemeenskap speel) en word nie deur die Dorpsraad onderhou of bestuur nie. Die huidige toestand daarvan is dus iets wat deur die privaat eienaar bestuur word en waarby die Dorpsraad nie direk betrokke is nie. Aangesien geen beleide oortree word nie, is dit nie 'n situasie waarby ons direk betrokke wil raak nie. Vriendelike persoonlike gesprekke daaroor dui egter daarop dat die verbeterings wat reeds die afgelope jaar of twee daar aangebring is, sal voortduur totdat almal tevrede is.
Kontak ons gerus by inligting@myorania.co.za om die saak verder te bespreek, sodat jy hopelik weer saam met ons sal bou aan 'n vrye tuiste vir ons volk!
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…