Ek het ghoor dat die meningsopname baie positief was, maar ek kon nie die vergadering bywoon nie en is ook te oud en "dom" met rekenaargoeters om dit self af te laai soos julle in die kennisgewing gese het, so ek hoop julle kan dalk van die hoogtepunte hier sit (waar selfs ek dit kan gelees kry)!
Sal dit baie waardeer. Dankie! Julle doen goed.
Dankie vir jou ondersteuning en vir die vraag oor die meningsopname.
Jy's reg dat die uitslag baie goed was. Inwoners van Orania is oorwegend sterk positief oor alle aspekte van ons dorp, met selfs die laagste tellings wat steeds gemiddeld hoër as 6.5/10 is. Daar is ook deurgaans 'n positiewe tendens in sentiment, aangesien respondente tussen 2022 en 2026 positiewer geword het oor bykans alle aspekte wat gemeet is.
* Op die vraag of mense dink hulle gaan nog lank in Orania bly, is die gemiddelde punt 8/10.
* Die waarskynlikheid dat inwoners Amerikaanse vlugtelingstatus sal aanvaar, kry slegs 2.2/10 (en slegs ongeveer 5% tot 6% van inwoners dui aan dat hulle dit ernstig oorweeg).
* Ingenieursdienste (dinge soos paaie, water, elektrisiteit, riolering ens) kry 8.3/10.
* Gemeenskapsdienste (dinge soos parke, sportgronde, visdam, begraafplaas, biblioteek ens) kry 8.2/10, insluitend die hoogste telling van almal, naamlik die dorpswembad wat 9.2/10 kry.
* Die Dorpsraad se algehele sukses met die lewering van munisipale funksies kry 8.1/10.
* Inwoners se gemiddelde geestelike gesondheid (of hulle Jesus se vrede en vreugde daagliks in hulle lewens ervaar) kry 9.1/10.
* Inwoners se gevoel van veiligheid is ook baie sterk, met 'n gemiddelde punt van 9.3/10 vir hoe gemaklik hulle daarmee is om enige tyd van die dag alleen in die strate te loop.
Indien iemand belangstel daarin om die uitslag van die opname in meer detail te bekyk, beveel ons aan dat selfs diegene wat, soos jy genoem het, "dom is met rekenaargoeters" wel probeer om dit af te laai by die volgende skakel : Dokumente – My Orania
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…